Iemand het dié slang naby Palmwag afgeneem en die rekord op die toep opgelaai en op die manier 'n waardevolle bydrae gelewer oor die verspreiding van die slangspesie in Namibië. FOTO conservationnamibia.com
Iemand het dié slang naby Palmwag afgeneem en die rekord op die toep opgelaai en op die manier 'n waardevolle bydrae gelewer oor die verspreiding van die slangspesie in Namibië. FOTO conservationnamibia.com

Teken aan wat jy in die natuur raakloop

Atlasing in Namibia brei uit
Atlasing in Namibia – die grootste van sy soort tot op hede – versamel steeds rekords van die publiek oor Namibië se biodiversiteit.
Elvira Hattingh
Twee nuwe afdelings is onlangs tot Atlasing in Namibia bygevoeg – ’n afdeling waar die publiek rekords van inheemse plante kan oplaai, asook kan aanteken waar voëls in kraglyne vasvlieg.

Atlasing in Namibia – die grootste van sy soort tot op hede – versamel steeds rekords van die publiek oor enige soogdiere, slange, reptiele, amfibieë, skoenlappers, voëls en plante wat deur mense binne die grense van Namibië ingedien word.

Dit is ’n burgerlike wetenskapprojek om die biodiversiteit van Namibië aan te teken – met onder meer die hulp van selfone en ’n gepaste toep.

Die data – wat met behulp van die publiek ingesamel word – is ’n waardevolle manier om meer oor die verspreiding van dier- en plantspesies te leer. Die publiek kan data indien as hulle iets gesien het, foto’s, spore asook enige ander rekords.

Selfs argeologiese of kulturele erfenisgebiede kan aangeteken word – wat insluit rekords oor klip- en rotskuns en selfs grafte.

Die platform vorm deel van die groter Omgewingsinligtingsdiens van Namibië (EIS).

Dit bou voort op voormalige atlasprojekte soos die Southern African Bird Atlas-projek (SABAP) asook die Tree Atlas-projek (TAP). Voorbeelde van ander projekte sluit in die ring van voëls, die tel van roofvoëls op paaie asook ’n inisiatief om kameelperde te tel.



BIODIVERSITEIT

Namibië huisves besonderse biodiversiteit – van die geharde diere en plante in die Namibwoestyn, tot waar die Zambezistreek die tuiste van meer as 400 voëlspesies is, asook die plek waar hoë bome, vleilande, visse en olifante voorkom.

Behalwe dat nuwe rekords op dié manier versamel word, bied so ’n atlas ook belangrike historiese inligting vir onder meer navorsingsprojekte. Deur Namibië se data oor biodiversiteit byeen te bring kan die waarde en bruikbaarheid daarvan verbeter word. Dit beteken vergelykings kan getref word – ongeag tyd en ruimte – en ook tussen spesies.

Dienooreenkomstig is data uit die atlas onlangs gebruik vir die samestelling van die Carnivore Red Data Book asook ’n biologiese beheerprogram vir uitheemse plante.

Wêreldwyd krimp die habitat van wilde diere en plante asook biodiversiteit teen ’n ontstellende tempo – nog voor dit ontdek of geïdentifiseer kon word.



NEEM Só DEEL

Enige iemand wat in Namibië se plante, diere en argeologie of geskiedenis belangstel, kan inligting bydra tot die atlas oor wat hulle teëkom. Hoe meer mense betrokke raak, hoe meer waardevol is die inligting wat versamel word.

Die maklikste manier om deel te neem, is om die toep Atlasing in Namibia af te laai. Dit is maklik om te gebruik en inligting daarop te laai. Jy het nie ’n aktiewe internetverbinding nodig om die toep te gebruik nie, alhoewel jou foon se GPS aangeskakel moet wees.

Die datum, tyd en plek word outomaties aangeteken en jy kan later die “sync”-knoppie druk om al jou rekords op te laai – sodra jy weer aan die internet verbind is.

As jy onseker is hoe om jou rekord te identifiseer, kan jy dit steeds oplaai en merk dat jy onseker is oor hoe om dit te identifiseer. Dan sal ’n spesialis daarna kyk om dit korrek te identifiseer.

Alle rekords word op die EIS-webwerf opgelaai en raak deel van die nasionale databasis. Rekords kan ook direk op die webwerf opgelaai word.

Bronne: https://conservationnamibia.com

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%