Organiese maroela-olie na Europa uitgevoer

Namibiese familiebesigheid het klein begin
Tenata produseer die olie met die hulp van sowat 300 vroue uit die Ohangwenastreek, wat maroelaneute vir aanleg in Windhoek versamel.
Elvira Hattingh
Alhoewel dit nie ’n maklike roete was nie, kon die Namibiese egpaar Namupa en Matty Nengola daarin slaag om organiese maroela-olie na Europa uit te voer, wat in hul aanleg in Windhoek geproduseer word.

Boonop bied die aanleg nou ’n inkomste aan sowat 300 vroue uit die Ohangwenastreek.

Die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) het op 19 Januarie ’n artikel oor die suksesverhaal van die Namibiese maatskappy Tenata geplaas.

Die maatskappy kon met behulp van die internasionale ontwikkelingsorganisasie Sequa, asook die Europese invoerbevorderingsafdeling (IPD), daarin slaag om organiese maroela-olie aan Europese markte te begin lewer.



INKOMSTE VIR VROUE

Tenata produseer die olie met die hulp van sowat 300 vroue uit die Ohangwenastreek, wat maroelaneute vir die maatskappy versamel. Terselfdertyd verdien die vroue ’n inkomste uit die proses en word waarde tot plaaslike maroelabome se vrugte toegevoeg.

Dit is die hoofdryfkragte agter die projek.

Die GIZ sê hoewel maroela-olie reeds bekendheid in die internasionale mark as ’n stabiele olie met ’n hoë oleïensuurinhoud, antioksidante en linoleïenvetsure verwerf het, is sy waarde in beide die kosmetiese en voedselmarkte nog nie tot sy volle potensiaal ontwikkel nie.

Die maroelaboom is inheems tot Suider-Afrika, raak sowat 20 m hoog en dra tussen 500 kg en 700 kg vrugte per jaar.

Tradisioneel word die hele vrug benut. Sodra die maroelas tussen Januarie en Maart ryp raak, begin vroue om dit te versamel. Hulle tel dit van die grond af op, waar die maroelas kans gehad het om natuurlik ryp te raak.

Die vroue pers dan die maroelas en die vee vreet die oorblyfsels soos die skil, wat goeie voedingswaarde bevat. Dan laat die vroue die maroelapitte toe om vir ’n maand lank uit te droog, voor hulle dit kraak om by die neute binne-in uit te kom.

Die Nengolas reis gereeld 700 km vanaf Windhoek na Ohangwena se nedersettings om hierdie neute te versamel. Hulle weeg dit en betaal die vroue daarvoor volgens ’n vooraf goedgekeurde prys. Daarna word dit by hul aanleg verwerk en in ’n waardevolle olie omskep, wat gereed is om uitgevoer te word.



BEGINJARE

Taneta het aanvanklik in ’n motorhuis begin, maar om vir die uitvoermark te kon lewer, moes hulle opgradeer tot waar hulle vandag is – ’n gevestigde aanleg in Windhoek wat sewe ton olie kan vervaardig.

Met die behulp van GIZ, Seque en IPD, kon die Nengola-egpaar in 2019 die Biofach en Vivaness – twee oorsese internasionale handelskoue vir organiese kosse – as besoekers bywoon.

Hulle het toe meer markkennis en kontakte met Europese kopers benodig wat hulle kon leer oor die spesiale vereistes en behoeftes van die Europese mark.

Die Nengolas het die geleentheid benut om met potensiële kliënte te gesels, wat hulle daarop gewys het dat ’n produk se gehalte belangrik is, hulle die storie agter die produk moet deel en ook moet oorweeg om hul produk organies te laat sertifiseer.

Dit het waardevolle insig in die Europese markte aan hulle verskaf, uitgelig wat die tegniese vereistes is om hul produk te kan verbeter, maar ook getoon dat daar ’n groot behoefte aan ’n organiese produk is.

Taneta het in die daaropvolgende jare organiese sertifisering gekry. Dit was nie aldag maklik nie en dit was nodig om opleiding te verskaf aan die vroue wat die maroelas verwerk, het die GIZ verduidelik.

Eindelik het die maatskappy egter stewig op drie bene gestaan – naamlik om selfvertroue in die bedryf in te boesem, om saam te werk vir die beste gehalte en om die maroelabome se volhoubaarheid te verseker deur nuwes te plant sodat daar nog vir toekomstige geslagte sal wees.

Vir meer inligting oor Taneta en sy handelsmerk PureMarula, besoek www.pure-marula.com.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%