Foto ter illustrasie argief
Foto ter illustrasie argief

NLU berei voor vir impak van droogte (AGRI MONITOR)

In gesprek met Agribank
Buiten die droogte, is nóg 'n uitdaging vir boere die agterstallige BTW-uitbetalings.
Francoise Steynberg
Die Namibië Landbou-unie (NLU) is sedert die begin van vanjaar besig om planne voor te berei ten einde die impak van die sluimerende droogte te versag.

Wat beesbemarking betref, is daar volgens die veilingsagente goeie aanvraag vir alle beeste ligter as 300 kg en voorsien hulle nie bottelnekke in die mark hiervoor nie.

“Die prys van speenkalwers mag afwaarts neig gedurende die speentyd van Maart tot Junie in Suid-Afrika, maar hierdie is ‘n normale seisoenale markverskynsel.”

Volgens die NLU is die groot uitdaging om die impak op die veilingsprys vir veral skraal koeie te probeer bestuur.

“Die enigste manier is om aanvraag van plaaslike kopers op veilings vir skraal koeie gesond te hou. Skraal koeie moet bykomend gevoer word, alvorens dit aan ‘n abattoir bemark kan word, en laat betalings deur die abattoirs sal ‘n baie negatiewe kettingreaksie deur die hele bemarkingsketting veroorsaak.”

Die NLU en Lewenhawe-produsente-organisasie (LPO) poog dus om wentelfondse beskikbaar gestel te kry deur die regering sodat slagprodusente gewaarborg is van betaling.

SKAAPBEMARKING

Die plaaslike mark vir skaap is baie beperk en veilingspryse is erg onder druk. Die Suid-Afrikaanse lewendige uitvoermark bly dus baie belangrik.

“Aangesien skaap redelik effektief op kraal afgerond kan word, kan produsente by markvereistes aanpas. Die grootste uitdagings tans is die voer- en skaapvleisprysverhouding wat winsgewendheid onderdruk waar skaap op voerkraal afgerond word,” sê die NLU.

“Die ooraanbod van lusern in Suid-Afrika word tans nog nie weerspieël in die markprys van lusernbevattende skaapafrondprodukte nie. Daar word tans gepoog om lusern en hooi makliker in te voer, sonder om die bek-en-klouseer status van Namibië op die spel te plaas.”

Nóg ‘n uitdaging volgens die NLU is agterstallige BTW-uitbetalings.

“Droogtetoestande noodsaak groot kontantbehoeftes. Die tydige afhandeling van BTW-oudits en uitbetaling van BTW-eise is reeds vir ‘n geruime tyd ‘n uitdaging.”

Die NLU nooi hul lede uit om hul vraelys in te vul met hul agterstallige BTW-gegewens. Hierdie inligting sal dan met die Namibiese Inkomste-agentskap (Namra) en en die ministerie van finansies gedeel word om hulle bewus te maak van die probleem.

Die NLU voer ook tans gesprekke met AgriBank om die moontlikheid te ondersoek om uitstel van paaiementbetalings aan te vra, ten einde kontantvloei beter te kan bestuur.

“Dit is uiters belangrik dat produsente vroegtydig ‘n kontantvloeivooruitskatting doen, en met hul plaaslike bank in gesprek tree hieroor,” versoek die NLU.

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° #N/A #N/A