BIG DELEGATION: Namibia’s delegation to the COP28 conference, currently underway in Dubai, includes children of President Hage Geingob, and First Lady Monica Geingos.
BIG DELEGATION: Namibia’s delegation to the COP28 conference, currently underway in Dubai, includes children of President Hage Geingob, and First Lady Monica Geingos.

Wenkbroue lig oor Hage se familie by COP28

‘Geen staatsfondse gebruik’
Staatshuis het onder skoot gekom nadat 'n lys aan die lig gekom het wat wys dat die eerste gesin se kinders by die Namibiese afvaardiging na Dubai ingesluit is.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Staatshuis het vandeesweek volgehou dat president Hage Geingob en die presidentsvrou, Monica Geingos, persoonlik hul kinders se reiskoste na die COP28-beraad in Dubai gedek het, maar vrae bly staan oor die motief om hulle by ’n reis in te sluit waar die regering poog om ooreenkomste met buitelandse beleggers te sluit.

Volgens inligting wat in die publieke domein die rondte doen, het Geingob se dogters, Dangos en Nangula Geingos-Dukes, sowel as Geingos se sakeman-seun Nino Kalondo en dogter Kayla Elago, die reis meegemaak.

Geingos se broer, Salomo Kalondo, self ’n sakeman, vorm ook deel van die Namibiese gevolg na Dubai.

’n Kind wat vermoedelik Geingob se kleinseun is, Jackson Dukes, verskyn ook op die lys.

Die name het op ’n aanvanklike lys verskyn wat later gesnoei is.

Dit is nie duidelik of al die lede van die presidentsfamilie op die aanvanklike lys wel die reis meegemaak het nie.

“Nie ’n enkele sent van staatsfondse is aan die kinders van die presidentspaar bestee nie,” het die presidensie Maandag in ’n verklaring gesê.

Geingos-Dukes is onder meer betrokke by die visbedryf as aandeelhouer in Tunacor, terwyl Nino ’n mede-eienaar van ondernemings in die diamantsektor is.

DEURSIGTIGHEID NODIG

Die politieke ontleder Henning Melber het gesê Staatshuis sal behoorlik moet verduidelik hoe hy die individue gekies het wat na die COP28-beraad gereis het en wat die spesifieke rolle van daardie individue was.

Die lys van reisigers sluit ook staatsamptenare, sakelui en amptenare in wat vir verskeie staatsondernemings werk.

Melber het gesê die presidensie moet so deursigtig as moontlik wees oor die lys.

“Met die terugkeer uit Dubai behoort Staatshuis deursigtig en verantwoordbaar te wees. Wie het dit bygewoon, in watter hoedanigheid, by watter spesifieke geleenthede, hoe lank het hulle in Dubai gebly, wie het uit watter fondse vir hul reiskoste betaal?” het hy gesê.

Melber het die groot gevolg bevraagteken en gevra of dit geregverdig is in die huidige finansiële klimaat.

“In ’n tyd van fiskale beperkings vereis goeie bestuur regverdiging van sulke uitgawes. Daar is ook geen twyfel dat ’n hoogs bekwame plaaslike afvaardiging se deelname nodig is om in Namibië se beste belange te onderhandel nie, veral wanneer dit kom by die strategiese keuses vir hidro-energie en fossielbrandstowwe.”

‘WENKBROUE GELIG’

Volgens Melber het sommige name op die lys meer vrae as antwoorde tot gevolg gehad.

“Sommige van die name het wel die wenkbroue laat lig vir die blote feit dat hulle enigsins oorweeg word. Dié wat gelys word, sluit in ’n ‘leerder’ [Jackson Dukes] en ’n ‘student’ [Kayla Elago], twee lede van die presidentsgesin, en twee lede van die Kalondo-gesin, asook verskeie ongespesifiseerde ‘menere’ en ‘mevroue’ sonder enige verdere besonderhede oor hul posisies en poste.”

‘ONAANVAARBAAR’

Inna Hengari van die Popular Democratic Movement (PDM), het die insluiting van kinders van die presidentspaar op die reis gekritiseer.

“Dit is onaanvaarbaar vir enige staatsamptenaar, wat nog te sê die president, om hul hele gesin op ’n werkreis saam te neem terwyl belastingbetalers die finansiële las dra,” het sy gesê.

Hengari het bygevoeg: “Te midde van Namibiërs wat met generasie-armoede, werkloosheid en grondloosheid worstel, verwag ons finansiële omsigtigheid en verantwoordelikheid van die presidentskantoor. Die groot gevolg wek kommer, ongeag of die private of staatsektor die koste dek.”

Te midde van Staatshuis se bewerings dat geen belastinggeld gebruik is nie, het die PDM-wetgewer gesê: “Ons sal wag vir die ouditeursverslag. As daar selfs ’n enkele twyfel is, sal ons gereed wees om hulle aan te vat.”

UITGAWES PRIVAAT GEDEK

Die presidensiële adviseur Alfredo Hengari het gesê daar is niks verdag met die presidentspaar se familielede wat amptelike staatsreise meemaak nie, solank hierdie reise nie uit die staatskas gefinansier word nie.

“President Geingob en me. Geingos het vir die vlugte en verblyfkoste van hul kinders betaal. Die presidensie beskou hierdie bewerings as kwaadwillig en polities gemotiveerd, met die duidelike bedoeling om afbreuk te doen aan die uitstekende werk wat president Geingob en die Namibiese afvaardiging by COP 28 verrig het,” het Hengari gesê.

Betalingsbesonderhede wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het, dui daarop dat Nino Kalondo se reis gefinansier word deur die “vennoot/borgskap van die benoemende entiteit”.

Nangula se deelname aan COP28 word voorgestel asof sy ’n vennoot-organisasie is, terwyl Dangos se deelname aan COP28 voorgestel word as ’n “betaalde verhouding/kontrak met die benoemende entiteit”.

EIE SAK

In Oktober het Nino ook saam met Geingob na die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in die VSA gereis, asook na die Energieweekkonferensie wat in Suid-Afrika gehou is.

Hy het destyds sy reis na die algemene vergadering verdedig en gesê hy het op sy eie onkoste gereis.

“Ek het ’n beperkte publieke pas gekry, beskikbaar vir lede van die publiek wat dit versoek, met die uitsluitlike doel om te kyk hoe die president sy toespraak lewer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%