Volksmoorddag die eerste keer herdenk
Tradisionele leiers word uitgesluit
Herero- en Nama-gemeenskappe vra vir die amptelike erkenning van 2 Oktober, waarop dié dag herdenk moet word.
Namibië se eerste Volksmoordherdenkingsdag het nie net die Nama- en Herero-gemeenskappe teenwoordig gehad nie, maar ook mense van ander stamme, wat almal bymekaargekom het om die sluiting van die Duits-beheerde konsentrasiekampe in 1908 te vier.
Die regering het 28 Mei in die Staatskoerant gepubliseer as die dag waarop Namibië die Ovaherero- en Nama-volksmoordslagoffers van 1904-’08 herdenk. Die voormalige Swanu-president, Usutuaije Maamberua, het die dag as ’n neutrale datum voorgestel op grond van die sluiting van die Shark Island-konsentrasiekamp in 1907. Die Duitse koloniale magte het die kamp in 1904 gestig om die Herero- en Nama-mense aan te hou. Sowat 1 000 tot 3 000 mense het in die kamp gesterf.
VOORTSLEPENDE TRAUMA
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die voortslepende trauma van die volksmoord erken en gesê dat Namibië nooit die emosionele, sielkundige, ekonomiese en kulturele letsels sal vergeet wat in die geraakte gemeenskappe en die breër weefsel van sy nasie gegraveer bly nie.
“In dié gees dui ons teenwoordigheid by hierdie geleentheid ’n beslissende stap vorentoe in die hantering van die verlede deur gesamentlik die pyn van die geraakte Ovaherero- en Nama-gemeenskappe wat direk geraak is, te onthou en te deel,” het sy gesê.
“Sonder twyfel het die twee gemeenskappe gedurende daardie noodlottige volksmoordhoofstuk in ons geskiedenis deur die mees verskriklike, verwoestende en traumatiese tydperk in hul lewens gegaan.
“Teen hierdie agtergrond is 28 Mei deur proklamasie 19 van 2024 tot ’n dag van herdenking van volksmoord en ’n openbare vakansiedag verklaar,” het sy gesê.
“Ons is dus vir die eerste keer hier as ’n nasie om onsself te herinner aan die donker dae van 1904-’08," het Nandi-Ndaitwah gesê en bygevoeg dat die dag ’n kragtige herinnering moet wees van ’n gedeelde voorneme om voort te bou op die pad van nasiebou, versoening en die genesing van die wonde van die verlede.
Volgens haar moet die dag Namibiërs altyd laat besef wat hul dapper voorouers ter verdediging van hierdie land verduur het – en “ons sodoende inspireer om ons land se onafhanklikheid en al ons natuurlike hulpbronne te verdedig tot voordeel van alle Namibiërs vandag en in die toekoms”.
Die aanvanklike program, wat Network Media Hub (NMH) onder oë gehad het, het slegs Nandi-Ndaitwah en visepresident Lucia Witbooi as sprekers gelys. Dit is later gewysig om die voorsitter van die Raad vir Tradisionele Leiers, Gaob Immanuel Gaseb, in te sluit.
UITSLUITING VAN TRADISIONELE LEIERS
Die president van die nuutgestigte Vereniging vir Plaaslike Belange (Asoli), Josef Kauandenge, het verontwaardiging uitgespreek oor die afwesigheid van diegene van die program, wat hy beskryf het as die ware verteenwoordigers van die afstammelinge van die 1904-volksmoord.
Hy het die amptelike program as “’n bespotting” beskryf deur tradisionele hoofmanne van die geleentheid op 28 Mei 2025 uit te sluit.
“Wat tot in die kern verwarrend is, is die absolute afwesigheid van enige tradisionele hoofmanne op die amptelike program. Die afstammelinge en hul tradisionele hoofmanne is ontevrede dat hulle op hul dag geïgnoreer is nie,” het Kauandenge gesê.
Hy het verder Nandi-Ndaitwah se administrasie daarvan beskuldig dat hulle tradisionele owerhede doelbewus opsy geskuif het en gewaarsku die geskiedenisboeke sal nie met gunstige oë na die weglating kyk nie.
“Dis die regering se eie program, dit het niks met die afstammelinge te doen nie. Hartseer maar waar,” het Kauandenge bygevoeg.
HERDENKING
Die herdenking vereer die slagoffers van die Herero- en Nama-volksmoord, wat tussen 1904 en 1908 deur Duitse koloniale magte gepleeg is.
Tienduisende is doodgemaak deur massa-teregstellings, gedwonge verplasings en verhongering.
Terwyl die Namibiese regering 28 Mei as Volksmoordherdenkingsdag ingestel het, het sommige verteenwoordigers van die Herero- en Nama-gemeenskappe die keuse van datum bevraagteken en daarop gewys dat dit geen direkte verband met die volksmoord se deurslaggewende gebeure het nie. Hulle pleit eerder vir die amptelike erkenning van 2 Oktober – die datum in 1904 toe die Duitse generaal Lothar von Trotha die uitwissingsbevel teen die Herero-volk uitgereik het.
Duitsland het die gruweldade amptelik in 2016 as volksmoord erken en in 2021 sowat N$21,4 miljard oor 30 jaar in ontwikkelingshulp aan Namibië aangebied.
Die ooreenkoms het egter kritiek ontlok omdat dit direkte vergoeding aan die afstammelinge van die slagoffers uitsluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie