Youth unemployment is listed first on the list as the biggest problem that plagues Namibians. Photo: Namibian Sun
Youth unemployment is listed first on the list as the biggest problem that plagues Namibians. Photo: Namibian Sun

Vertroue in land se leierskap taan

Werkloosheid Namibiërs se grootste bekommernis
Namibiërs se vertroue in die regering en affiliasie met die regerende party het 'n knou gekry.
Yandi Du Plessis
Jeanette Diergaardt

’n Meerderheid van Namibiërs (76%) wat onlangs aan ’n Afrobarometer-opname deelgeneem het, meen die land beweeg in die verkeerde rigting.

Die meerderheid se vertroue in en prestasiegraderings van die president, eerste minister en regerende party het eweneens verswak.

Slegs 27% sê nou die regering hanteer die ekonomiese bestuur “taamlik goed” of “baie goed” – vergeleke met die destydse 66% wat in ’n 2014 Afrobarometer-opname in Namibië aangeteken is.

Nóg minder is tevrede met die regering se vermoë om pryse stabiel te hou (23%). Hulle is ook ontevrede met die regering se vermoë om armes se lewenstandaarde te verbeter (23%), die gaping tussen die rykes en armes te vernou (17%) en werksgeleenthede te skep (15%). Al dié syfers het skerp geduik sedert opnames in 2014.

Werkloosheid word die hoogste gereken (61%) onder die dringendste probleme wat Namibiërs wil hê hul regering moet takel, gevolg deur watervoorsiening (22%) en korrupsie (20%).

VERLOOR RIGTING

Die Afrobarometer-verslag, getiteld “Namibians lack confidence in economy, express rising dissatisfaction with government”, het Namibiërs se veranderende sienings oor die land se ekonomiese trajek ondersoek tesame met die veranderende openbare steun vir sy regerende party.

“Sedert 2017 – en veral sedert 2019 – het Namibiërs aansienlik meer pessimistiese sienings uitgespreek oor die land se algemene rigting en ekonomiese toestand, sowel as hul persoonlike lewensomstandighede.

“Werkloosheid bly verreweg die mees opvallende kwessie vir Namibiese kiesers.

“Evaluerings van regeringsprestasie het intussen aansienlik meer negatief geword. Goedkeuring van, nabyheid aan, vertroue in en steun vir Swapo en sy nasionale leierskap het ook gekrimp.”

Die opname het bevind die proporsie van Namibiërs wat sê die land beweeg in die verkeerde rigting is die hoogste onder stedelike inwoners (79%), respondente tussen die ouderdomme van 26 en 35 (81%), diegene met onderrig tot sekondêre vlak (80%), en arm burgers (85%).

’n Meerderheid vroue (77%) sowel as mans (76%) stem ooreen dat die land in die verkeerde rigting beweeg.

Slegs 22% van Namibiërs glo die land is op die regte pad, vergeleke met 72% van respondente in 2012.

MIN VERTROUE

Twee derdes (67%) van die respondente beskryf hul land se ekonomiese toestand as “redelik sleg” of “baie sleg”, terwyl meer as die helfte (52%) dieselfde sê oor hul persoonlike lewensomstandighede.

Slegs 9% het gesê die ekonomie vaar “baie goed” en 15% het gesê dit vaar redelik goed.

Die verslag het uitgelig dit is ’n “effense verbetering in vergelyking met 2019”, maar het opgemerk “in elke opname wat voor 2017 gedoen is, het ’n meerderheid aangedui dat die land se ekonomiese toestand goed was”.

PRESTASIE

Die aantal Namibiërs wat Swapo “sterk” vertrou, het sedert 2014 met meer as die helfte gekrimp – van 42% tot 17%. Dieselfde geld vir sterk vertroue in die president (van 56% tot 26%) en die eerste minister (van 50% tot 18%).

Net so het prestasiegraderings vir die president en eerste minister die afgelope agt jaar skerp afgeneem. ’n Skraal meerderheid (54%) van die burgers sê steeds president Hage Geingob verrig ’n “redelike” of “baie goeie” taak, maar dié proporsie het sedert 2014 konsekwent afgeneem.

Aan die ander kant het 43% van Namibiërs gesê hulle is ontevrede met, of keur die president se werkprestasie ten sterkste af.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%