Windhoek se nuwe burgemeester Joseph Uapingene vra kalmte en dat aktiwiteite binne die hoofstad se stadsraad moet normaliseer.
Foto argief
Windhoek se nuwe burgemeester Joseph Uapingene vra kalmte en dat aktiwiteite binne die hoofstad se stadsraad moet normaliseer. Foto argief

Steeds geen besluit oor Windhoek-bestuurskomitee

Opposisie weier Swapo-meerderheid
Leemtes binne die bestuurskomitee belemmer die stadsraad se werksaamhede.
Augetto Graig
Die Windhoek-stadsraad se besluitnemingsvermoë en werksaamhede is tans ernstig beperk na ’n tweede probeerslag om die stadsraad se belangrike bestuurskomitee saam te stel, weer verlede week misluk het.

Volgens Stad Windhoek (CoW) se regsverteenwoordiger, Ngatatue Kandovazu, beteken die feit dat net drie raadslede tot die bestuurskomitee verkies is dat die komitee nie voldoende saamgestel is nie en dus nie geldige besluite sal kan neem nie. Die meerderheid van kwessies waaroor die stadsraad kan beraadslag moet ook eers deur die bestuurskomitee na hulle verwys word, brei hy uit.

“Agenda-items kan nie oorweeg word nie en al die items wat die raad na die komitee terugstuur, staan ook stil. Gewone items moet deur die komitee gaan, alhoewel sommige items direk (vanaf die munisipale bestuur) onder die raad se aandag gebring kan word. Dit is noodsaaklik dat die komitee so spoedig moontlik volledig gevorm word,” voeg hy by.

By verlede week se spesiale vergadering om die uitstaande twee setels in die komitee te vul, het opposisiepolitici op die stadsraad weer alle nominasies vir diegene wat op die komitee kan dien, verwerp. Op die vorige vergadering is die National Unity Democratic Organisation (Nudo) se Joseph Uapingene tot burgemeester verkies. Ondanks nominasies het geen van die opposisielede toe die geleentheid geneem om by die bestuurskomitee aan te sluit nie. Net Sam Nujoma, Queen Kamati en Austin Kwenani – almal Swapo-lede – is tot dusver as komiteelede verkies. Swapo se Magalena Pienaar-Lombardt is die hoofstad se adjunk-burgemeester.

Volgens burgemeester Uapingene is die atmosfeer binne die stadsraad op die oomblik gespanne. “Ons moet nog kalmeer. Dit is nog op en af. Ons moet die raad kalmeer en normaliseer,” sê hy. Uapingene kon egter nie veel lig werp op die redes agter die hindernis voor die stadsraad se werksaamhede nie. “Alhoewel ek ook ’n opposisiepartylid is, weet ek nie presies wat die probleem is nie. Voor die verkiesing het die opposisie bymekaar gekom en besluit om die bestuurskomitee oor te neem - na die vergadering in Desember toe die regerende party en die IPC uitgestap het,” brei hy uit. “As Nudo het ons besluit om met enige iemand saam te werk wat saam met ons vir die beste belange van die inwoners sal werk. Dit is wat ons gedoen het,” voeg hy by.

Gister het Windhoek se voormalige burgemeester, die Landless People’s Movement (LPM) se Sade Gawanas, egter meer insig in die verwikkelinge gegee. Volgens haar is die hoofrede agter opposisie-politici se weiering om by die nuwe bestuurskomitee aan te sluit, die verwerping van Swapo se meerderheid in besluitneming binne die stadsraad. “’n Party wat die meerderheid in die bestuurskomitee het, is gelyk aan absolute mag,” sê sy. Volgens haar het Swapo-lede gedurende hulle vorige vergadering met stadsraadslede van opposisiepartye gesê hulle soek ’n Nudo-voorsitter (burgemeester) en drie lede van die bestuurskomitee. Die opposisie het volgens haar ander voorstelle gemaak, maar Swapo het aangedring dat hulle ongeag daarvan sal voortgaan. “Ons kan nooit weer vir Swapo die meerderheid in die bestuurskomitee gee nie,” voer sy aan. Inteendeel soek opposisiepartye gesamentlike verantwoordelikheid, gesamentlike besluitneming en ’n gesamentlike bestuurskomitee. “Die Swapo-komiteelede moet bedank sodat ons lede vir die bestuurskomitee kan nomineer. Sommige sê ons moet die hele proses van voor af begin. Hulle is ook nie met die burgemeester en sy adjunk gelukkig nie,” sê sy.

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het Vrydag al die stadsraadlede genooi na ’n dringende vergadering oor die stand van leierskap binne die Windhoek munisipale bestuur. Dié vergadering sal na verwagting môre om tienuur plaasvind. Die volgende poging om ’n volledige bestuurskomitee te verkies is tot 9 Februarie uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31%