Smith-Howard bedank as raadsvoorsitter

IPC en Swapo dien mosie van wantroue in
IPC se me. Ciske Smith-Howard het bedank as voorsitter van die Erongo-streekraad sonder dat die raad oor twee mosies van wantroue in haar leierskap gestem het.
Adam Hartman
Ná 15 maande as voorsitter van die Erongo-streekraad het die Independent Patriots for Change (IPC)-lid en Swakopmund-kiesafdelingsraadslid, me. Ciske Smith-Howard, Vrydag as voorsitter bedank voordat die raad oor twee mosies van wantroue in haar leierskap kon stem.

“Om dit vir hierdie huis maklik te maak en om julle nie verder te verdeel nie, dink ek die sentimente is duidelik. Ek sal dus my bedanking as voorsitter van hierdie raad indien sodat ons nie hoef te stem nie. Ek dink dis die regte ding om te doen.

“Hiermee doen ek afstand van die setel as voorsitter, en bedank uit hierdie pos. Baie dankie,” het Smith-Howard aangekondig ná ’n uur se beraadslagings tydens die maandelikse raadsvergadering.

Smith-Howard se IPC-genoot, die raadslid vir die Walvisbaai landelike-kiesafdeling, mnr. Florian Donatus, en Swapo se raadslid vir die Omaruru-kiesafdeling, mnr. Ernest Wetha, het albei mosies van wantroue in Smith-Howard ingedien.

Hoewel Wetha dit duidelik gemaak het die mosie is nie persoonlik nie, maar dat dit eerder gedoen is uit “morele verpligting” teenoor Swapo, het Donatus se emosies wel op ’n persoonlike rede gewys.

“’n Mosie van wantroue; vertroue in my hart is nie iets wat in die ope mark verkoop word en wat jy met geld kan koop en in my hart sit nie – verstaan jy?” het Donatus in 'n verhewe stem aan Smith-Howard gesê.

“Die vertroue wat ek gehad het, kan jy op geen manier, maak nie saak wat jy doen nie, vat en terug in my hart sit nie.”

DONATUS SE ‘EMOSIONELE REDES’

Donatus het in sy mosie verwys na die “wetlike beperking” wat die IPC op haar geplaas het weens verskeie bewerings van subordinasie die einde van verlede jaar.

Hy het haar daarvan beskuldig dat sy partybevele verontagsaam het deur steeds raadsvergaderings by te woon, die vergaderings te ontwrig en kras taal teenoor ander raadslede gebruik.

Volgens hom het dit die gehalte van kollektiewe leierskap in die raad in die gedrang gebring en die verhouding tussen die voorsitter en medelede uitgedaag.

Smith-Howard het in reaksie op die mosies Donatus daaraan herinner dat die prokureur-generaal (PG) in Februarie die IPC se beperking tot niet gemaak het, en dit onwettig genoem het. Domatus se aansprake was dus ongegrond.

Sy het Donatus ook aangevat oor die bewerings van ontwrigting en kras taalgebruik en het bewyse daarvan versoek. Sy het die ander raadslede gevra of sy hul ooit gevloek het – niemand het geantwoord nie.

“Dis duidelik dat Donatus net emosionele redes gegee het sonder enige bewyse,” het sy gesê en verder beweer hy wou haar posisie hê en het daarom mederaadslede en die media beïnvloed.

GLO NIE GESKIK VIR POS

Wetha het in sy verklaring gesê Smith-Howard is nie geskik vir die pos nie omdat sy nie daartoe in staat is om leierskap en visie te verskaf nie en sy neem besluite wat die doeltreffende werkverrigting van die raad benadeel. Volgens hom het sy ook nie daarin geslaag om die raad te verenig nie.

“Die integriteit en fatsoenlikheid van die raad het onder haar toesig agteruit gegaan. As gevolg hiervan is die raad rigtingloos en kan sy nie met leierskap vertrou word nie,” het hy gesê.

Smith-Howard het Wetha daaraan herinner dat sy gedurende die 15 maande van haar amp swanger was en dit die piek van die Covid-19-pandemie was.

Ongeag daarvan het sy steeds honderde maaltye en komberse by hospitale afgelewer, gehelp met die verkryging van 'n Covid-19-fasiliteit ter waarde van N$1,5 miljoen en persoonlik kospakkies ter waarde van N$100 000 by informele nedersetting afgelewer.

Sy het kweekhuise opgerig, vitamiene aan behoeftiges verskaf en haar amp as voorsitter hervat kort nadat sy haar keisersnee gehad het.

RAADSLEDE

“Ek stem saam dat hierdie raad verdeeld is, maar dit is as gevolg van individue wat politieke leiers toegelaat het om voor te skryf hoe hierdie raad moet funksioneer.

“Hier is raadslede wat vergeet het waar hulle vandaan kom en wie hulle hier geplaas het. Hulle laat toe dat iemand hul toutjies trek soos klein marionette en dis hartseer om te aanskou hoe hulle eenvoudig toelaat dat hul kragte afneem vir die belofte van mag. ’n Tipiese vertoning van ‘belly politics’.”

Ten spyte van die UDF se Daures-kiesafdelingsraadslid, mnr. Kennedy !Haoseb, se waarskuwing om eers regsmening in te win of Smith-Howard verwyder kan word of nie, aangesien die PG se uitspraak strydig is met eise vervat in die mosies en 'n stemming oor ongegronde eise kan terugkom en hulle kniehalter, het hy wel gesê hy het ingestem om ten gunste van haar verwydering te stem.

Smith-Howard sal 'n raadslid vir die Swakopmund-kiesafdeling bly en kan deel wees van die stemming vir 'n nuwe voorsitter.

Sy het ook aangedui dat sy die ongegronde aantygings wat teen haar gemaak is en skade aan haar reputasie, sal hanteer.

Sy het wel gesê sy sal nie die mosies in die hof betwis nie, aangesien sy gesê het sy sal die besluit respekteer en die wettige pad 'n vermorsing van die raad se tyd en hulpbronne sal wees. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%