Shikongo: Namibië skuld Angola
'Moenie verhouding bederf nie'
Verskeie verkopers op oop markte in die Noorde het onlangs weer betoog teen Angolese burgers wat strate en markte oorstroom om hul ware vir 'n lewensbestaan te verkoop.
Terwyl straatverkopers in die noorde van Namibië wetstoepassingsagentskappe vra om onwettige immigrante uit Angola aan te keer wat in verskeie noordelike dorpe hier hul ware smous, sê die Namibiese polisiehoof, Namibiërs moet leer om met hulle saam te leef.
Luitenant-generaal Joseph Shikongo sê Namibiërs wat daarop aandring dat Angolese na hul land terug te keer, is “baie sleg” en getuig nie van goeie buurmanskap nie. Hy was Vrydag aan die woord tydens die bekendstelling van die Oshana Kringtelevisie (CCTV)-projek in Oshakati, en kom in ‘n tyd waarin verskeie verkopers op oop markte in die Noorde onlangs betoog het teen Angolese burgers wat strate en markte oorstroom om hul ware vir ‘n lewensbestaan te verkoop.
Verlede maand het straatverkopers in Oshakati die regering versoek om die probleem aan te spreek, terwyl die jongste betoging verlede week Dinsdag in Omuthiya plaasgevind het.
“Ons kies nie wie ons naaste moet wees nie. Ons is bure kragtens die natuur en ons moet met hulle saamleef. Ongeag die uitdaging, kyk hoe julle met mekaar kan praat,” het Shikongo gesê.
“Ek gesien wat gebeur en dit is nie goed nie. Ons het ons eie mense wat goed in Angola gaan koop. Ek was onlangs in Oshikango en die gemeenskap daar het gekla en gesê daar is te veel Angolese hier. Ek het vir hulle gesê hulle moet na Ondjiva gaan en kyk hoeveel Namibiërs daar is.”
“Gaan na Oshimolo waar beeste wei en kyk hoeveel mense daar is. Ek kan jou vertel dat ons meer as 'n miljoen beeste het wat aan Namibiërs behoort,” het die polisiehoof gesê.
“Sedert 2023 het ons goewerneurs en dié van Angola gesprekke gevoer oor hoe ons kan saam bestaan. Ons moenie nie die verhouding tussen die twee lande bederf nie. “Dit is ons bure en ons moet saam met hulle leef, daarom moet ons 'n omgewing skep wat bevorderlik is vir buurmanskap.”
Network Media Hub (NMH) berig al maande lank oor die kwessie van jong skoolgaande Angolese kinders wat steeds in verskeie dorpe in die land loop en houtkunsvlyt vir 'n lewe verkoop. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie