Sankwasa: 'Jul besluitnemingsmagte het verval'
Nuwe raadslede Vrydag ingesweer
Die besluit word wyd gekoppel aan Swapo se interne beraadslagings oor wie strategiese munisipaliteite en in veral Windhoek sal lei.
Uitgaande streeks- en plaaslike owerheidsleiers se magte om besluite te neem het op 25 November verval en enige besluite wat daarna geneem is, is ongeldig.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Sankwasa James Sankwasa,
Hoewel ampsdraers in hul setels bly totdat nuwe raadslede ingesweer is, mag hulle nie nuwe wetgewing of beleide instel of bindende besluite gedurende die oorgangstydperk neem nie.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Sankwasa James Sankwasa, maan in ‘n omsendbrief op 2 Desember ampstermyne het op 25 November verstryk.
“Hoewel u in die amp bly totdat die nuutverkose streeks- en plaaslike owerheidsraadslede ingesweer is, moet daarop gelet word dat u wettige gesag om besluite te neem opgehou het vanaf die datum van verstryking van u termyn. Daarom sal besluite of resolusies wat na daardie datum geneem word, ongeldig wees,” lui die omsendbrief.
Die brief volg in ‘n tyd van diepe onsekerheid in plaaslike regering, met die vertraagde beëdiging van nuutverkose raadslede wat nou vrese van 'n administratiewe vakuum laat ontstaan.
ALAN
Die Vereniging vir Plaaslike Owerhede in Namibië (ALAN) het ‘n dringende verduideliking van die ministerie versoek, nadat dit in die media moes sien alle beëdigingsplegtighede tot verdere kennisgewing opgeskort is.
In 'n brief gedateer 1 Desember het ALAN-president Samuel !Oë-Amseb gewaarsku dat die vertraging dreig om komplikasies met bestuur oraloor die land te skep.
“Ons weet nie wat is die rasionaal agter hierdie besluit nie,” het !Oë-Amseb geskryf en gemaan die vereniging voorsien bestuurskwessies op plaaslike owerheidsvlak.
“Ons glo dat die demokraties verkose nuwe raadslede verdien om sonder versuim en ingevolge die wet op plaaslike owerhede ingesweer te word,” sê !Oë-Amseb.
Met uitgaande raadslede wat van hul besluitnemingsgesag gestroop is en inkomende raadslede wat nie in staat is om hul amp te aanvaar nie, is baie plaaslike owerhede nou in ‘n doodloopstraat.
SWAPO
Die dooiepunt word vererger deur Swapo se interne opdrag wat die ontplooiing van sy raadslede na streeks- en plaaslike owerhede gevries het.
Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het in ‘n brief op 27 November opdrag gegee dat geen Swapo-raadslede landwyd hul setels mag inneem, totdat die ontplooiings deur die party se hoofkantoor gemagtig is nie. Die opdrag wat gesetel is in regulasie 49 van die party se interne prosedures, is van toepassing op beide streekrade en plaaslike owerhede.
Die besluit word wyd gekoppel aan Swapo se interne beraadslagings oor wie strategiese munisipaliteite en in veral Windhoek sal lei.
Swapo het in die plaaslike owerheidsverkiesings agt van die hoofstad se 15 setels verower. Dit is genoeg om beheer oor die burgemeesterskantoor en die bestuurskomitee te neem. Besluite vir ontplooiings het na verwagting ‘n onlangse vergadering van die party se politburo oorheers wat deur Swapo se president Netumbo Nandi-Ndaitwah gelei is.
Teen druktyd het Sankwasa in ‘n verklaring bevestig dat die beëdigingsplegtigheid Vrydag (5 Desember) in streke gehou en deur die plaaslike of distrikslanddroste behartig sal word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie