Sage oor Air Namibia se skeidingspakkette duur voort
Meer as vier jaar nadat politici die besluit geneem het om die nasionale lugredery, Air Namibia, te likwideer, wag meer as 600 voormalige werknemers steeds vir hul volle skeidingspakkette.
Die ex-gratia-betaling wat hulle reeds ontvang het, word deur die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) belas tot op die punt dat talle van die werklose oudwerknemers nou honderde duisende dollars skuld, terwyl hulle wag vir die regering se beloftes om te realiseer.
Pensioen- en oortydkwessies van die 638 voormalige werkers wat betrokke is, is ook nog nie uitgesorteer nie.
’n Klein groepie van dié werkers het gister voor die hekke van die ministerie van werke en vervoer se kantoor betoog in die hoop dat die minister en sy medeministers van finansies, sowel as justisie en arbeidsverhoudinge, sal ingryp om hul pleidooie te beantwoord.
Ann Jantjies het by die optog gesê: “Ons soek niks by die regering anders as wat ons toekom nie.”
Sy het verder aangevoer hul stryd vir hul regte is nie net vir hulself nie, maar ook vir toekomstige werknemers van enige nuwe nasionale lugredery wat dalk gevestig sal word.
“Sodat hulle nie ook hierdie selfde beproewing sal moet deurmaak nie.”
Kimber le Roux het gesê: “Die vertragingstaktieke om hierdie probleem op te los, veroorsaak soveel meer skade aan mense wat Namibiërs is.
“Soveel van ons kollegas het na die platteland verhuis omdat hulle dit nie kan bekostig om in die stad te woon of werk in die dorp te soek nie, want hulle het niks nie.
“En hoe meer ons vertraag, hoe meer kos dit hulle, dag vir dag. Asseblief, die dringendheid is groot! As julle, die regering van Namibië, sê julle gee om vir Namibiërs, sorg dan vir ons.”
Die woordvoerder van die groep, Renier Bougard, wat self 23 jaar vir Air Namibia gewerk het, brei uit dat die hooggeregshof, waar die likwidateurs teen die groep se oorwinning in die hoërhof geappelleer het, eers ’n hofdatum vir die voortsetting van die saak in 2026 sal kan verskaf.
Selfs al kry hulle enige van die uitstaande geld, sal NamRA sy pond vleis eis, aangesien uitstaande belasting op hul ex-gratia-uitbetalings ophoop.
Die pensioenkwessie duur ook steeds voort met pensioenbestuurders wat daarop aandring dat die geld herbelê moet word wanneer die pensioengeld in September betaalbaar word, voeg hy by.
Willem Christiaans het ook die oortydkwessie geopper, wat al jare voor Air Namibia se likwidasie sloer en steeds nie opgelos is nie.
Die voormalige werknemers soebat dat die ministers van werke en vervoer, finansies, en justisie en arbeidsverhoudinge met hulle vergader, na hulle luister en help om so gou as moontlik ’n oplossing vir hul voortdurende lyding te vind.
Bougard sê die minister van vervoer se kantoor het gesê hulle mag dalk vandag hoor wanneer minister Veikko Nekundi met hulle sal kan vergader.
Kyk hier wat die voormalige werknemers gesê het: q.my.na/Q50F. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie