Regering sê oor Angolese kinders
Ministerie verbreek stilswye
Die lot van honderde Angolese straatkinders wat oor Windhoek en ander Namibiese dorpe versprei is, het krisisvlakke bereik, met maande van doodse stilte aan die kant van die regering of verwante ministeries.
Die kinders – sommige so jonk as ses – word daagliks by verkeersligte en winkelsentrums gesien, waar hulle houtitems verkoop of vir geld bedel om te oorleef. Hul lewensomstandighede is deur waarnemers as ’n “humanitêre ramp vir almal om te sien” beskryf.
Voorstanders van kinderregte sê die regering se gebrek aan dringendheid kom neer op verwaarlosing.
“Hierdie is kwesbare kinders wat op sypaadjies slaap, terwyl ministeries vingers wys. Hierdie gebrek aan optrede is skandelik,” het een maatskaplike werker in Windhoek gesê.
BINNELANDSE SAKE VERBREEK STILTE
Ná weke van openbare kommer en navrae deur die media het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit (MHAISS) uiteindelik sy stilswye verbreek en bevestig die ministerie is besig om “ingrypingsmaatreëls te versterk” om die stygende teenwoordigheid van Angolese kinders in die hoofstad en ander dorpe te takel.
In ’n geskrewe reaksie aan Network Media Hub (NMH) laat Dinsdag het die ministerie se uitvoerende direkteur, Nghidinua Daniel, gesê sy ministerie in samewerking met ander regeringsagentskappe en Angolese owerhede werk aan beide korttermyn- en langtermynoplossings.
“MHAISS en ander relevante ministeries en agentskappe het betrokke geraak en maniere uitgewerk om die teenwoordigheid van Angolese burgers – waarvan die meeste kinders is – in die strate van Windhoek en ander stedelike gebiede doeltreffend te hanteer,” het Daniel gesê.
Hy het bygevoeg dat die Namibiese regering in Mei verlede jaar, deur middel van binnelandse sake en verwante vennote en in samewerking met die Angolese owerhede, die repatriasie van 74 Angolese kinders en verskeie volwassenes gefasiliteer het, wat veilig met hul families in Angola herenig is.
“Hierdie samewerking het ’n veilige en waardige repatriasie van die betrokke mense verseker in ooreenstemming met internasionale en nasionale wette,” het Daniel gesê.
Hy het egter kommer uitgespreek dat baie van dieselfde kinders sedertdien na Namibië teruggekeer het en weer die strate ingevaar het.
“Daar word met kommer kennis geneem dat dieselfde groep of getalle kinders en volwassenes weer sigbaar is op strate en in ander plekke in verskeie stedelike sentrums.
“In hierdie verband verskerp ons ons ingrypingsmaatreëls wat daarop gemik is om die oorsake sowel as ’n regstellende plan van aksie vas te stel,” het hy gesê.
POGINGS VIR HERINTEGRASIE MISLUK
Die huidige terugkeer van die kinders na die strate eggo gebeure van verlede jaar, toe immigrasiebeamptes ongeveer 200 Angolese kinders van die streke Oshana, Erongo, Khomas en Oshikoto in ’n fasiliteit in die noorde van Namibië geplaas het. Uit dié groep is 120 na Angola gerepatrieer, terwyl die res agtergebly het.
Toe het die destydse adjunkminister Lucia Witbooi gesê die kabinet het N$2,8 miljoen goedgekeur om die geriewe op te gradeer om lewenstandaarde te verbeter. Spanning het egter later uitgebreek, wat daartoe gelei het dat baie van die kinders die sentrum te verlaat het om na die strate terug te keer, wat die herintegrasiepoging effektief in duie laat stort het.
BILATERALE SAMEWERKING
Daniel het voortgesette bilaterale samewerking met die Angolese regering deur diplomatieke kanale bevestig, insluitend sy ambassade en konsulate in Namibië, om die welstand, beskerming en moontlike repatriasie of rehabilitasie van die kinders te verseker.
Volgens hom is ’n nasionale taakspan bestaande uit verskeie Namibiese instellings – wat immigrasie, kinderwelsyn, veiligheid en sekuriteit, internasionale betrekkinge, en streek- en plaaslike regerings dek – aktief by die saamstel van ’n gekoördineerde reaksie betrokke.
‘KRISIS KAN VERERGER’
Ten spyte van bogenoemde beloftes aan die regering se kant, bly die situasie op die grond grootliks onveranderd. Die kinders dwaal steeds deur die strate, blootgestel aan honger, uiterste weersomstandighede en uitbuiting.
Prokureur Kadhila Amoomo, wat lank reeds vir verantwoordbaarheid pleit, het gewaarsku dat die krisis kan vererger as dit nie getakel word nie.
“Hierdie jong Angolese mense is ekonomiese vlugtelinge. Hul getalle groei elke dag.
“Stel jou voor as twee miljoen van hulle Namibië binnestroom – hoe sal hulle met ons kinders oor die weg kom? Sal ons genoeg hulpbronne hê om vir hulle te sorg? Kom ons hanteer hierdie humanitêre krisis terwyl dit nog vroeg is,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie