EQUITABLE JOBS: Home affairs minister Albert Kawana. 
PHOTO FILE
EQUITABLE JOBS: Home affairs minister Albert Kawana. PHOTO FILE

Polisierekrute: 80% moet boorlinge van streek wees

Besluit geneem oor toekomstige werwings
Tot dusver het die meerderheid van die 183 kandidate op die kortlys vir polisiekadette Oshiwambo-verwante vanne.
Yandi Du Plessis
Elizabeth Joseph - Ná ’n herrie oor die klaarblyklike uitsluiting van die dominante stamme van die ||Kharasstreek in die huidige werwing van polisiekadetbeamptes, het die regering stappe gedoen om te verseker dat die streek se inheemse gemeenskappe 80% van alle toekomstige werwings uitmaak.

Die uitkoms van die werwingsproses tot dusver toon dat die meerderheid van die 183 kandidate op die kortlys Oshiwambo-verwante vanne het.

Van die eerste 20 name op die lys is 13 van Oshiwambo-oorsprong en slegs twee hou verband met die Nama-etniese groep, wat die meerderheid van die streek uitmaak.

Alhoewel dit algemeen aanvaar word dat ’n Nama ’n Oshiwambo-pa kan hê en dus laasgenoemde se van kan hê, het die lys steeds vermoede van stamvooroordeel ontlok – wat onlangs tot ’n hewige debat onder lede van Swapo se sentrale komitee gelei het.

Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, het verlede week in die parlement gesê ’n besluit is geneem om te verseker dat alle toekomstige werwings vir 80% van elke streek se inheemse groepe gereserveer word, terwyl die oorblywende 20% onder inwoners van daardie streek wat van ander stamme afkomstig is, gedeel sal word.

Hy het vandeesweek gesê die besluit is geneem met inagneming van kommer wat deur lede van die publiek geopper is.

“Ons implementeer besluite gebaseer op gemeenskapslede se bekommernisse. Die sogenaamde inheemse mense van ’n sekere gebied kan nie uitgesluit word nie,” het hy gesê.

“Die Namibiese Grondwet sal egter in ag geneem moet word.”

‘ANTI-ANDER’

“As ’n polisiemag wil ons nasionale eenheid, harmonie en samewerking hê met die gemeenskappe wat bedien word. Ek kan lede verseker ons is vasbeslote om ’n Namibiese huis te skep waar niemand uitgestoot moet voel nie, ter wille van vrede en harmonie en stabiliteit,” het Kawana gesê.

Verskeie ander parlementslede het sy sentimente gedeel, insluitend die president van die Popular Democratic Movement (PDM), McHenry Venaani, wat die Namibiese regering aangemoedig het om nie “anti-ander” te wees nie, en bygevoeg dat die situasie ’n “verleentheid” is.

“Kom ons implementeer ’n beleid. Al is dit ’n kwartstelsel, sal dit regverdig wees. Ons stel onsself in die verleentheid,” het hy gesê .

Een van die Swapo-leiers wat haar stem dik gemaak het oor die ||Kharas-polisiewerwing is die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, Katrina Hanse-Himarwa, wat gevra het vir die “regstelling” van die proses.

“Ek is ’n Swapo-leier, moet my nie stilmaak vir politiese korrektheid nie. Daardie proses moet reggestel word. Ek is onapologeties daaroor,” het die Swapo sentrale komitee- en politburo-lid gesê.

Sy het bygevoeg dit is uitstekende voorbeelde van wat daartoe gelei het dat Swapo die suidelike streke in die plaaslike owerheidsverkiesing in 2020 verloor het.

“Dit is presies hierdie tipe dinge wat Swapo die Suide laat verloor het, want baie mense hier het begin voel dat daar teen hulle gediskrimineer word,” het Hanse-Himarwa uitgevaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.49 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 309.83/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0135 | Zinc US$ 2 872.00/T DOWN -2.78% | Brent Crude Oil US$ 82.90/BBP DOWN -0.0077 | Platinum US$ 963.07/OZ DOWN -0.0159 #N/A