Plaaslike meubels kry voorkeur
Poging om plaaslike besighede hupstoot te gee
Invoere word slegs toegelaat waar daar geen plaaslike kapasiteit is nie.
In ‘n poging om bepalings vir plaaslike produkte in die openbare verkrygingwet af te dwing, moet alle regeringsinstellings in hul aankope voorkeur gee aan meubels wat in Namibië vervaardig word.
Staatsamptenare het aan Netwerk Media Hub (NMH) gesê die opdrag is deur die eerste minister dr. Elijah Ngurare aan die minister van finansies Erica Shafudah gegee. Ngurare het hom beroep op artikels 72 en 73 van die openbare verkrygingswet wat vereis dat openbare instellings Namibiese produkte deur middel van aankope moet bevorder.
“Ek gelas hiermee dat alle openbare entiteite die verkryging van meubels wat binne die Republiek van Namibië vervaardig word en waar sodanige plaaslike produksiekapasiteit bestaan, moet prioritiseer,” lui die korrespondensie van die eerste minister.
Ingevolge die opdrag moet plaaslik vervaardigde meubels voorkeurbehandeling ontvang tydens die evaluering en toekenning van tenders. Ngurare sê die doelwit is om die benutting van plaaslike produkte in openbare verkryging te bevorder, werksgeleenthede te skep en klein- en mediumvervaardigingsondernemings te versterk.
VOORKEUR
Die opdrag en nuwe riglyn sal na verwagting deel wees van 'n konsultatiewe vergadering oor die openbare verkrygingstelsel wat vir môre by die hoofkantoor van die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) in Windhoek geskeduleer is. Die vergadering word gereël deur die kantoor van die eerste minister (OPM). Regeringsbeleid vereis dat openbare entiteite produkte en dienste plaaslik moet verkry onderhewig aan minimum plaaslike inhoudsdrempels en as deel van pogings om binnelandse produksie te stimuleer en ekonomiese waarde binne Namibië te behou.
Invoerafhanklikheid onder die loep
Onlangse regulatoriese maatreëls kragtens die wet op die bevordering van beleggings poog onder meer om kleinskaalse kleinhandel- en landboubesighede ter waarde van minder as N$7,5 miljoen uitsluitlik vir Namibiese burgers te reserveer. Die beleid is daarop gemik om plaaslike entrepreneurs teen buitelandse mededinging op grondvlak te beskerm en ondernemings in besit van Namibiese burgers te prioritiseer.
Namibië gebruik ook tariewe, invoerkwotas en nie-tariefmaatreëls om jong nywerhede te beskerm en die tempo van invoere te bestuur.
Ten spyte van hierdie pogings het Namibië volgens die Verenigde Nasies se Comtrade-databasis in 2024 meubels, beligting en voorafvervaardigde geboue ter waarde van ongeveer US$78,24 miljoen ingevoer.
ONBENUT
Amptenare het herhaaldelik gewaarsku dat Namibië se swaar afhanklikheid van invoere - na raming byna 80% van goedere en dienste wat plaaslik verbruik word - industrialisering, werkskepping en die opbou van buitelandse reserwes ondermyn.
'n Opname deur die ministerie van internasionale betrekkinge en handel wat sewe ministeries betrek het, het bevind dat afgesien van ‘n paar items soos skoonmaakmiddels, toiletpapier en sommige meubels, regeringsdepartemente die meeste produkte invoer. Die verslag is aan die kabinet voorgelê en dit is onduidelik of enige formele leiding vir aankope dienooreenkomstig uitgereik is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie