WE WANT MORE: Lawmakers want more shares in local mining companies - at no cost. PHOTO: Chamber of Mines of Namibia
WE WANT MORE: Lawmakers want more shares in local mining companies - at no cost. PHOTO: Chamber of Mines of Namibia

Ontevredenheid oor N$8 miljard se tantième

Wetgewers soek nuwe regime vir mynbou
'n Aanbeveling is ook gemaak dat die Namibiese regering sy wette wysig om dit verpligtend te maak vir die staat om aandele in elke myn kosteloos te besit.
Jemima Beukes
Lede van die parlement sê die N$8 miljard in tantième wat die regering die afgelope vyf jaar uit mynbedrywighede ontvang het, is “baie laag”.

Hulle het daarom ’n beroep gedoen vir ’n radikale verandering in hoe Namibië voordeel uit sy hulpbronne trek.

Om ’n oplossing vir die situasie te vind, het die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne en ekonomie en openbare administrasie in ’n gesamentlike verslag ’n beroep op die regering gedoen om sy eienaarskap in myne te verhoog, asook vir die monitering van private mynlandingstroke vir die potensiële smokkel van diamante en ander materiaal.

’n Voorstel is ook gemaak dat die Namibiese regering sy wette wysig om dit verpligtend vir die staat te maak om aandele in elke myn kosteloos te besit.

“Die ministerie van myne moet verseker dat geen mynregte gegee word sonder die 50%-aandeelhouding van die staat nie. Die ministerie moet ook mynmaatskappye aanmoedig of verplig om verwerkingsaanlegte te vestig vir waardetoevoeging en finansieel help om fabrieke vir waardetoevoeging en verwerking te vestig,” aldus die verslag.

Die regering het voorheen teen dié standpunt gewaarsku en gesê dit sal beleggers afskrik.

Ná die gesamentlike ondersoek het die komitees alarm gemaak oor beide die doeltreffendheid en tekort aan myninspekteurs om die werksomstandighede en binnewerking van myne in die land te ondersoek.

Hulle het ook daarop gewys dat daar ’n dringende behoefte is aan waardetoevoeging voordat hulpbronne uitgevoer word.

“Net sowat N$8 miljard is uit tantième in vyf jaar ingesamel. Dit is baie min in vergelyking met die inkomste van die myne in dieselfde tydperk,” sê die verslag wat nie aangedui het hoeveel inkomste is in die ooreenstemmende tydperk gegenereer nie.

Syfers van 2021 wys myne het N$1,55 miljard in korporatiewe belasting betaal, N$1,6 miljoen in tantième en N$231 miljoen in uitvoerfooie. Byna N$6 miljard is bestee aan salarisse en lone en N$17 miljard aan plaaslike verkryging.

Die volgende jaar, in 2022, het die Kamer van Mynwese gesê die mynbedryf het ’n algehele verlies van N$391 miljoen gely, maar steeds tantième van meer as N$2 miljard betaal.

Kommer is ook uitgespreek oor mynmaatskappye met private landingstroke, met die komitees wat ’n beroep gedoen het dat dit gereguleer moet word.

Die verslag sê ook daar is ’n behoefte vir monitering om te verseker dat diamante en ander minerale nie van private landingstroke en sonder die wete van doeanebeamptes vervoer word nie.

“Die ministerie van myne, in samewerking met entiteite vir die lugruim, moet die beweging van vliegtuie by private landingstroke van myne ondersoek en monitor.

“Die departement van doeane en aksyns van die Namibiese Inkomsteagentskap (NamRA) moet ook bemagtig word om alle toegangspunte vir myne, sowel as uitgangspunte vir mineraaluitvoer te monitor,” lui die verslag.

Die verslag is ook deur Tjekero Tweya, die voorsitter van die staande komitee oor natuurlike hulpbronne, sowel as Natangue Ithete, onderteken wat die voorsitter van die komitee oor ekonomie en openbare administrasie is. Hy het ook daarop gewys dat die waardebepaling van kommoditeite ’n kopseer bly, met die ministerie van myne se laboratorium wat nie op internasionale standaard is nie en daarom nie geakkrediteerd is nie.

Die komitee het bevind die ministerie beplan om ’n geakkrediteerde laboratorium te vestig, maar ’n gebrek aan fondse het egter dié planne gebriek.

Die verslag het ook lig gewerp op Namib Desert Diamonds (Namdia), wat glo sy verantwoordelikheid aan derde partye uitkontrakteer en daarom die eintlike doel vir sy bestaan verwerp.

Die komitees het ’n beroep op Namdia en Namibia Diamond Trading (NDTC) gedoen om saam te werk om ’n laboratorium vir die ministerie van myne te vestig. ’n Voorstel is ook gemaak dat NamRA en die ministerie van finansies en staatsondernemings mynmaatskappye oudit wat korporatiewe belasting ontglip om te bepaal of die entiteite ’n wins of verlies maak. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.09/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 2 887.40/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 85.07/BBP DOWN -0.0186 | Platinum US$ 952.05/OZ UP +1.85% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.09/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 2 887.40/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 85.07/BBP DOWN -0.0186 | Platinum US$ 952.05/OZ UP +1.85%