Onderhoudstoelaag vir 20 jaar N$350
Sedert 2003 nog nooit hersien
Om die toelaag vir meer as twee dekades onveranderd te laat, dui daarop dat kwesbare kinders nie hoog op die beleidsagenda is nie.
Openbare druk teen die regering kan toeneem namate meer Namibiërs besef dat die staat se onderhoudstoelaag in meer as twee dekades nie gestyg het nie.
“As meer mense bewus word dat die toelaagbedrag sedert 2003 dieselfde gebly het, kan daar openbare verontwaardiging of druk op die regering wees om dit aan te pas,” het dr. Ndumba Kamwanyah ’n politieke ontleder in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) gewaarsku.
“Mense mag die regering se prioriteite en verbintenis tot die ondersteuning van kwesbare kinders bevraagteken. Dit kan lei tot versoeke vir beleidshersienings, protesaksie of selfs regsuitdagings,” het hy gesê.
Die onderhoudswet wat in Julie 2003 as wet aanvaar en in November dieselfde jaar van krag geword het, is ontwerp om onderhoudsverpligtinge te reguleer en ondersteuning vir kwesbare kinders te verseker. Die toelaag is toe vasgestel op N$350 per maand en is sedertdien nog nooit hersien nie.
Volgens Kamwanyah is die waarde van die bedrag deur inflasie uitgewis.
“In 2025 sou daardie bedrag nie basiese behoeftes soos kos, klere of skoolbenodigdhede dek nie. Dit is verouderd en weerspieël nie die huidige lewenskoste nie,” het hy gesê.
Regeringsrekords toon dat N$416,6 miljoen in die 2025-boekjaar aan die onderhoudstoelaag toegeken is. Tussen April en Junie alleen is meer as N$105,6 miljoen aan huishoudings uitbetaal wat hiervoor in aanmerking kom.
Begunstigdes sluit in kinders van ouers wat minder as N$1 000 verdien, weeskinders en kinders wie se ouers vir langer as ses maande tronkstraf uitdien. Om hiervoor in aanmerking te kom, word Namibiese burgerskap of permanente verblyfreg, skoolinskrywing vir kinders ouer as sewe jaar en ondersteunende dokumente soos geboorte- en doodsertifikate vereis.
’n Senior amptenaar in die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn wat naamloos wou bly, het bevestig dat die toelaag onveranderd gebly het sedert die instelling daarvan.
“Dit is in 2003 gewysig en dit was die laaste keer wat die besluit oorweeg is,” het die amptenaar in ’n onderhoud met NMH gesê.
Terwyl die ministerie van finansies nou toesig oor die toelaes hou, is dit steeds die ministerie van geslagsgelykheid wat aansoeke verwerk en dit vir goedkeuring aanstuur.
“Tans is daar gaan besprekings om die bedrag te hersien nie,” het die beampte gesê.
ONGELYK
Die onderhoudstoelaag staan in skrille kontras met ander maatskaplike toelaes wat mettertyd aangepas is.
Beide die ouderdoms- en gestremdheidstoelaes staan tans op N$1 600 per maand, terwyl die nuut ingestelde voorwaardelike basiese inkomstetoelaag (CBIG) N$600 is.
Die amptenaar het erken dat bewustheid van die toelaag laag is en blameer swak kommunikasie en die oordrag van verantwoordelikhede tussen ministeries.
“Mense is geregtig op hierdie inligting en hierdie bedrag,” het hulle gesê.
“Maar ons doen nie regtig ons werk behoorlik sodat almal dit kan weet nie. Ek het ’n paar plakkate ontwerp, maar die afdelings deel dit nie.”
Kamwanyah het verder gewaarsku die feit dat die toelaag vir meer as 20 jaar dieselfde gebly het, die risiko loop om die gees van Namibië se Grondwet te ondermyn.
“Dis ’n kwessie van prioriteite. Om die toelaag vir meer as twee dekades onveranderd te laat, dui daarop dat kwesbare kinders nie hoog op die beleidsagenda is nie. Dit moet verander,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie