NV: Geen stelsel vir agterstand van antwoorde
Die Nasionale Vergadering het toegegee dat dit nie \'n formele meganisme het om die groeiende agterstand van onbeantwoorde parlementêre vrae te hanteer nie – \'n skuiwergat wat kritici meen verantwoordbaarheid en doeltreffende toesig van die uitvoerende gesag ondermyn.
In \'n skriftelike antwoord aan Network Media Hub (NMH) het die woordvoerder van die Nasionale Vergadering (NV), Sacky Kadhikwa, bevestig hoewel Namibië se Grondwet en staande reëls bywoningsverpligtinge op beide ministers en parlementslede (LP\'s) plaas, daar geen spesifieke reëls is wat ministers dwing om binne \'n vasgestelde tydsraamwerk te reageer of opvolg op uitgestelde vrae te verseker nie.
“Die staande reëls bied nie \'n prosedure om die agterstand van onbeantwoorde vrae as gevolg van afwesigheid te bestuur nie,” het Kadhikwa gesê. “Daar is geen staande reëls wat tydsbeperkings vir antwoorde stel, onbeantwoorde vrae prioritiseer of verslag doen oor uitstaande antwoorde vereis nie.”
REëLS VERSEKER NET BYWONING
Kadhikwa het gesê die Grondwet en parlementêre reëls definieer duidelik bywoningsverpligtinge. Kabinetsministers word vereis om sittings by te woon en vrae te beantwoord kragtens Artikels 40(e) en 41, terwyl LP\'s wat tien agtereenvolgende sittings sonder goedgekeurde verlof misloop, outomaties hul setels kragtens Artikel 48(1)(e) verloor.
Hierdie reëls fokus egter op fisieke teenwoordigheid, eerder as prestasie of tydigheid. Die parlement vereis \'n kworum van 49 stemgeregtigde lede vir besluite en 26 vir ander sake, terwyl hoofswepe lede se bywoning verseker. Tog bestaan daar geen meganisme om te monitor of vrae stiptelik of betekenisvol beantwoord word nie.
Kritici voer aan dat die afwesigheid van sperdatums die parlement se toesighoudende rol verswak het. Teen die tyd dat vrae uiteindelik beantwoord word, het omstandighede dikwels verander – wat antwoorde irrelevant of verouderd maak. "Laat antwoorde verydel die doel van parlementêre ondersoek," het een waarnemer gesê en bygevoeg dat die tydsvertraging ministeries toelaat om intydse aanspreeklikheid te ontduik.
Net so het die leier van die amptelike opposisieparty in die parlement, Imms Nashinge van die Independent Patriots for Change (IPC), verlede maand ministers die leviete voorgelees wat voortdurend versuim om vraagsessies by te woon. Nashinge het ministers daarvan beskuldig dat hulle “die parlement verlam en Namibiërs aanspreeklikheid ontken.”
Hy het bygevoeg die vertragings in die hantering van tydsgebonde vrae is “swak diens aan die mense van Namibië”.
Terwyl die parlement se staande komitee op voorregte teen LP\'s kan optree wat herhaaldelik sittings misloop, is daar geen vergelykbare sanksies vir ministers wat parlementêre vrae ignoreer of vertraag nie. Met die parlement wat nou hierdie gaping erken, neem versoeke toe vir hervormings om duidelike tydlyne in te stel, opvolgwerk af te dwing en die NV se rol te versterk om tydige en deursigtige bestuur te verseker.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie