NIP se Tjombonde se kontrak verval
Raad, ministeries rep geen woord
Die verstryking van die uitvoerende hoof se kontrak sonder 'n amptelike verduideliking bring onsekerheid oor die instansie se leierskap te midde van vorige bestuursomstredenheid.
Die kontrak van die uitvoerende hoof van die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP), Kapena Tjombonde, het verlede Dinsdag verstryk sonder enige openbare bevestiging van die raad of die betrokke lynministeries oor of dit hernu, verleng of toegelaat is om te verval.
Teen Donderdag het nóg die NIP-raad nóg die ministeries van finansies, en gesondheid en maatskaplike dienste ’n amptelike verklaring rakende Tjombonde se status uitgereik.
Dit bring onsekerheid oor die leierskap van dié staatsbeheerde diagnostiese diensteverskaffer.
Tjombonde is op 1 Februarie 2021 aangestel en het Augustinus Katiti opgevolg, wat die instelling van April 2014 tot sy ontslag in Augustus 2018 gelei het.
Tjombonde se aanstelling is destyds deur belanghebbendes verwelkom as ’n geleentheid om bestuur, toesig en strategiese rigting by NIP te versterk.
Bronne wat vertroud is met die saak het aan Network Media Hub (NMH) gesê Tjombonde se kontrak is nie formeel verleng voordat dit verstryk het nie.
Dieselfde bronne beweer dat geen amptelike kommunikasie intern aan personeel of ekstern aan belanghebbendes gerig is oor enige tussentydse leierskapreëlings nie.
Die minister van finansies, Ericah Shafudah, het navrae oor die aangeleentheid na die ministerie van gesondheid verwys en aangedui dat die aanstelling van uitvoerende hoofde by NIP onder die gesondheidsministerie se mandaat val.
PRIVATE AANGELEENTHEID
Die woordvoerder van die ministerie van gesondheid, Walter Kamaya, het gesê aangeleenthede rakende uitvoerende kontrakte word nie openbaar gemaak nie.
“Sake soos hierdie is vertroulik en kan nie sommer in die openbaar bespreek word nie.
“Of die kontrak hernu sal word of nie, kan nie in hierdie stadium bespreek word nie. Ek het nie daardie inligting nie, maar jy kan probeer om met die minister te praat,” het hy gesê.
Gedurende Tjombonde se ampstermyn is vrae in die openbaar geopper oor sekere bestuursbesluite. Dit het die verkryging van voertuie vir senior bestuurders ingesluit, wat volgens dokumente wat NMH onder oë gehad het, ongeveer N$5,3 miljoen vir vyf voertuie beloop het.
Die aankope het onder meer ’n Mercedes-Benz ter waarde van ongeveer N$1,1 miljoen vir die uitvoerende hoof ingesluit, asook ’n Ford Ranger van sowat N$1 miljoen vir die hoof- tegniese beampte, ’n Nissan ter waarde van ongeveer N$987 000 vir die hoofbedryfsbeampte, ’n Toyota Fortuner van ongeveer N$1,1 miljoen vir die hoof van menslike hulpbronne en ’n Volkswagen Amarok van sowat N$1 miljoen vir die hoof- finansiële beampte.
Terselfdertyd het NIP-werknemers, deur die Namibiese Openbare Werkersunie, prestasiebonusse van tussen N$50 000 en N$100 000 geëis. Hulle het verwys na ’n gebrek aan betekenisvolle finansiële erkenning oor etlike jare. Daar is egter nie aan hul eise voldoen nie.
Kommer is ook verlede jaar uitgespreek oor die aanstelling van ’n handelsmerkdiensverskaffer. Volgens dokumente is Vybrand Advertising CC aangestel om handelsmerkdienste te lewer teen ’n koste van ongeveer N$520 000. Belanghebbendes het vrae geopper oor of standaard verkrygingsprosesse gevolg is. Die maatskappy behoort aan Melisia Mutilifa.
Geen amptelike bevinding van wangedrag is tot dusver openbaar gemaak rakende dié kontrak of die aankoop van voertuie nie.
Bronne het verder aangedui dat sommige NIP-werknemers Tjombonde se moontlike terugkeer teenstaan, met verwysing na ontevredenheid oor leierskap- en bestuursbesluite wat tydens haar ampstermyn geneem is. Dié bewerings kon egter nie onafhanklik geverifieer word nie.
Volgens dieselfde bronne het die NIP-raad Tjombonde moontlik vir kontrakhernuwing aanbeveel, maar die finale besluit berus by die minister van gesondheid, wat wetlik gemagtig is om uitvoerende aanstellings goed te keur of te weier.
Navrae wat aan die voorsitter van die NIP-raad, Ingah Ekandjo, gerig is, was teen druktyd nog onbeantwoord. Pogings om Tjombonde vir kommentaar te bereik, was onsuksesvol, en vrae wat aan haar gestuur is, het onbeantwoord gebly.
NIP is ’n staatsbeheerde entiteit wat gestig is om diagnostiese laboratoriumdienste en siektenavorsing oraloor Namibië te bestuur en uit te brei.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie