NIP se hoof verdedig verlenging van kontrak
Herbemark entiteit teen N$520 000
Dokumente wat Network Media Hub onder oë gehad het, wys dat die uitgawes nuwe logo's, handelsmerkklere, promosiemateriaal en geleentheidsproduksiekoste dek.
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP), Kapena Tjombonde, het bevestig dat sy ’n verlenging van ’n diensverskaffer se kontrak goedgekeur het ten spyte van die verkrygingskomitee se aanbeveling daarteen.
Dit volg op kommer wat geopper is oor ’n tender om die entiteit te herbemark, ter waarde van N$520 000, wat by dié staatsbeheerde onderneming toegeken is.
Die voorval het nuwe kommer oor bestuur en verkrygingstoesig by NIP ontlok. NIP se handelsmerk is ook as deel van die verlengde kontrak herontwerp.
Die leuse het ook verander van “Where commitment matters and quality prevails” na “Saving your life”.
Dokumente wat Network Media Hub (NMH) onder oë gehad het, dui aan dat die uitgawes nuwe logo’s, handelsmerkklere, promosiemateriaal en geleentheidsproduksiekoste dek. Die inisiatief vorm glo deel van 'n projek wat na bewering deur Tjombonde gedryf word.
ROOI LIGTE FLIKKER
Interne rekords toon dat die verkrygingskomitee aanbeveel het teen die uitbreiding van die omvang van ’n bestaande kontrak tussen NIP en Vybrand Advertising CC, wat deur Melisia Mutilifa besit word.
Die komitee het Vybrand se prestasie op die aanvanklike kontrak bevraagteken en gesê die verlenging word “nie vir goedkeuring aanbeveel nie”.
In ’n memorandum gedateer 12 Junie 2025 het Laurencia Howaes, ’n beampte van die verkrygingsekretariaat, Tjombonde gewaarsku die strategiese projek is nie uitgevoer nie en dat Vybrand se prestasie nie bevestig kon word nie.
In die memorandum is ook kommer uitgespreek oor hoe die maatskappy gekies is, met bronne wat beweer dat verkrygingswette nie nagekom word nie.
Howaes het voorgestel dat die spesifikasies hersien word, die omvang en waarde van die kontrak gedefinieer word en ’n nuwe mededingende tenderproses van stapel gestuur word.
’n Addendum wat die kontrak uitbrei, is egter op 17 Julie 2025 onderteken en duur tot Junie 2026. Die addendum verklaar nie ’n monetêre waarde nie, maar het Vybrand verbind om “strategiese herbemarking” en verwante promosiedienste te lewer soos skriftelik aangedui. Tjombonde het die addendum onderteken en is deur NIP se Tjino Ngozu waargeneem.
Toe Tjombonde gevra is waarom sy teen die verkrygingskomitee se raad gegaan het, het sy gesê: “Die rekenkundige beampte [Tjombonde] het ’n eenjaar-verlenging van die herbemarkingskontrak goedgekeur aangesien die projek steeds aan die gang is.”
Ten spyte van vroeëre besware, beweer ingeligtes dat byna N$300 000 reeds bestee is. ’n Bestelvorm gedateer 12 November 2025 bevat besonderhede oor ’n “onthullingstel” ter waarde van N$520 000, insluitend ontwerpwerk (N$22 500), geanimeerde video’s (N$55 000 gesamentlik), fotografie (N$21 000), Cincinnati-pette (N$38 970), ’n seremoniemeester (N$10 000), gholfhemde (N$228 000), ’n fotohokkie (N$12 000) en videografiedienste (N$28 400).
“. . . die handelsmerkitems is binne die begroting,” het die uitvoerende hoof gesê.
NIP het ’n bekendstelling vir die herbemarking vir 29 November geskeduleer. Die raad het egter na bewering die geleentheid drie dae vroeër gekanselleer nadat hulle van die projek se koste te hore gekom het. Tjombonde het gesê die raad het die nuwe beeld van NIP goedgekeur.
“Gegewe die beduidende veranderinge en vordering in die herbemarkingsprojek, het die raad dit raadsaam geag om die ministerie [van gesondheid] te betrek voordat die nuwe handelsmerkbeeld bekend gestel word. NIP is opgewonde om so gou as moontlik met die ministerie te skakel,” het sy gesê.
Dokumente wat deur NMH gesien is, sluit ’n betaling van N$260 000 van NIP se Bank Windhoek-rekening aan Vybrand Advertising op 24 November in – ’n dag voordat die raad na bewering ingegryp het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie