Nida: Besighede meer as 100 dae sonder water
Skuld glo meer as N$140 000
Volgens huurders was hulle sedert 2024 vir ten minste 153 dae sonder water, insluitend 'n tydperk in Desember wanneer dit die hoogtepunt van die vakansie- en toerismeseisoen is.
Besighede in die Karakulia-nywerheidspark in Swakopmund is reeds vir 100 opeenvolgende dae sonder water weens die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) wat nie sy munisipale rekeninge betaal nie.
Nida is ’n staatsbeheerde agentskap en val onder die ministerie van internasionale betrekkinge en handel. Die jongste onderbreking in die watertoevoer het op 2 Maart begin en volg op ’n reeks uitgerekte onwrigtings die afgelope jaar.
Volgens huurders was hulle sedert 2024 vir ten minste 153 dae sonder water, insluitend ’n tydperk in Desember wanneer dit die hoogtepunt van die vakansie- en toerismeseisoen is.
’n Gereelde plaaslike kuns-, kunsvlyt- en produktemark wat in die sentrum gehuisves word, is ook in daardie stadium sonder water gelaat, wat beide die uitstallers en die besoekers geraak het.
Die nywerheidspark is die tuiste van verskeie klein- en mediumsakeondernemings (SME’s) en sluit die bekende African Leather Creations, Karakulia Weavers, ’n plaaslike kunsateljee, ’n bestuurskool en ander besighede in, waarvan sommige beide plaaslike en internasionale toeriste lok.
Toerbusse vol toeriste stop dikwels by die sentrum waar besoekers verwag dat basiese dienste in plek moet wees en hulle toegang het tot Namibies-vervaardigde produkte.
“Ons moet twee keer per week dosyne 25 liter-kanne water insamel net om die tuine aan die gang te hou, die badkamers in stand te hou en basies ons besighede te kan bedryf.
“Toeriste daag hier op en verwag basiese dienste en ons moet hulle na die perseel langsaan stuur om ’n toilet te kan gebruik,” het ’n verteenwoordiger van die huurders gesê.
KLAG
’n Groep huurders het ’n formele klag op 17 April gelê waarin hulle sê hulle het in die voorafgaande ses maande vir 126 dae nie water gehad nie.
Die brief verwys na “chroniese en voortgesette ontwrigting van noodsaaklike waterdienste” en ’n patroon van “verwaarlosing en ’n gebrek aan instandhouding” aan die kant van Nida.
Die klag het ook beklemtoon dat die algehele toestand van verwaarlosing en gebrek aan instandhouding swak weerspieël op Namibië se sakeomgewing en as ’n toeriste-trekpleister.
“Ondanks herhaalde pogings om die kwessie op te los, insluitend verskeie e-posse aan Nida wat onbeantwoord gebly het, was daar geen betekenisvolle reaksie of regstellende optrede nie,” lui die brief.
“Daar is ’n duidelike gebrek aan deursigtigheid, verantwoordbaarheid en dringendheid om hierdie mislukkings te takel,” aldus die brief.
Huurders sê die situasie bring die standaarde vir gesondheid en veiligheid in gedrang, skep onstabiliteit en plaas ’n onvolhoubare las op hul personeel. Dit ondermyn ook die doel van Nida, wat gestig is om SME-ontwikkelings te ondersteun, voer hulle aan.
Hulle betreur ook dat ’n staatsagentskap wat die mandaat het om industrialisasie en nywerhede te bevorder, nou daarvan beskuldig word dat hy die voortbestaan van dieselfde besighede wat hy moet ondersteun, in die wiele ry.
NIDA REAGEER
Nida se eiendomsbestuurder in Erongo, Heikkie Ndipwashimwe, het die probleme erken en gesê pogings duur voort om dit te takel.
“Ja, daar is probleme en ons werk onverpoosd om oplossings te vind,” het hy gesê.
Hy het bevestig dat die opgehoopte waterrekening nou meer as N$142 000 beloop.
Volgens Ndipwashimwe verskaf die munisipaliteit water in grootmaat aan die hele park en word watertoevoer afgesny wanneer maandelikse betalings nie gemaak word nie en selfs wanneer daar net sommige huurders is wat agterstallig is.
Hy het bygevoeg sommige huurders is op datum, terwyl ander nie hul huurbetalings aangepas het in ooreenstemming met stygende koste nie, wat agterstallig skuld tot gevolg het. Dit lei volgens Ndipwashimwe tot gesamentlike gevolge.
“As die huurders die rekeninge vereffen het, kon die water die volgende dag weer herstel word,” het hy gesê.
Nida is glo in gesprek met die munisipaliteit oor die installering van individuele watermeters vir elke eenheid om te verhoed dat die hele park se watertoevoer in die toekoms afgesny word.
“Ons het goeie huurders en ons wil voortgaan om goeie verhoudings te handhaaf,” sê Ndipwashimwe. Volgens hom is skuldinvorderaars ook in sommige gevalle aangestel.
Ndipwashimwe het daarop gewys dat soortgelyke kwessies by ander Nida-eiendomme landswyd ondervind word en dat sommige van die dispute tans by regsverteenwoordigers is.
“As Nida net 100 dae gelede gereageer het, kon ons dit alles moontlik vermy het,” het ’n huurder gesê.
"Maar hulle het nie en nou ly ons besighede en lewensbestaan daaronder.”
Die huurders het ’n beroep op die ministerie gedoen om die kwessie te ondersoek. Hulle vra onder meer vir ’n onmiddellike oplossing in die onderbreking van watertoevoer, ’n volledige instandhoudingsplan vir die perseel, asook skriftelike verantwoordbaarheid van Nida.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie