Netumbo - billikheid, nie aalmoese
Noodsaaklike beleggingsvennoot
Ontwikkelende lande soek nie aalmoese nie, maar billike en gelyke finansieringsgeleenthede. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die G20-beraad in Suid-Afrika gemaan dat skulddienskoste, ten spyte van proaktiewe maatreëls, steeds 'n bron van kommer bly wat ontwikkelingsbesteding verdring.
Namibië se president het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om raamwerke vir die diens van skuld te versterk en konsessiefinansiering te verskaf aan lande wat verbintenis tot gesonde skuldbestuur toon.
“’n Kritieke les is dat lande, met noukeurige beplanning en innoverende finansiering, skuldvolhoubaarheid met inklusiewe ontwikkeling kan balanseer. Ongekontroleerde welvaartsongelykheid bedreig volhoubare ontwikkeling en sosiale samehorigheid. Terwyl ons streef na verminderde ongelykhede binne en tussen lande, is billike belasting, finansiële insluiting en sosiale beskerming noodsaaklike instrumente,” het sy gesê.
Sy het beklemtoon dat die bevordering van die transformasie van globale bestuur ondersteun moet word deur die begrip dat slegs 'n inklusiewe en verteenwoordigende internasionale stelsel doeltreffend op huidige uitdagings kan reageer.
“As ons finansiële argitektuur nie geskik is vir die doel nie, sal ons voortgaan om die druk van 'n dreigende globale skuldkrisis te sien wat versterk en sterk, produktiewe groei tussen ontwikkelde lande ontwikkel,” het Nandi-Ndaithwah gesê.
Volgens haar stel handel lande in staat stel om in globale waardekettings te integreer, werk te skep en vernuwing te stimuleer.
“In Namibië diversifiseer ons ons ekonomie, bevorder ons waardetoevoeging en brei ons geleenthede uit sodat natuurlike hulpbronne breë voordele oplewer.”
Die president het verwys na die Zero Hunger Road Map wat Namibië sedert 2016 implementeer en gesê die multisektorale inisiatief het voedsel- en voedingsekuriteit versterk ektorale inisiatief het voedsel- en voedingsekuriteit versterk en gaan voort om landelike nasionale strategieë te rig. Dit weerspieël volgens haar die land se verbintenis om niemand agter te laat nie. Die president het beklemtoon vir Afrika bly streeksintegrasie, verbeterde infrastruktuur en billike toegang tot globale markte van kritieke belang omdat dit ekonomiese groei dryf, terwyl dit vrede, stabiliteit en sosiale insluiting bevorder. Sy het ook verwys na die belangrikheid van die versterking van die implementering van die Afrika-kontinentale vryehandelsone (AfCFTA) en die bevordering van intra-Afrika handel. Om te verseker dat niemand agter gelaat word nie, het Nandi-Ndaitwah gesê lande moet voldoende hulpbronne vir ontwikkeling mobiliseer.
“Deur die strategiese uitreik van Eurobond en -herfinansiering kon Namibië hoëkoste-skuld terug betaal, vervaldatums verleng en uitgawes van rente verminder. Die terugbetaling van ons US$750 miljoen Eurobond dui op fiskale dissipline en verantwoordelike skuldbestuur, wat hulpbronne beskerm vir noodsaaklike maatskaplike en ekonomiese programme in onderwys, gesondheid en infrastruktuur,” het sy gesê.
Nandi-Ndaitwah sê Namibië het sowat US$15 miljard (N$260 miljard) nodig om sy klimaatdoelwitte te bereik. “Met 90% van aanpassingskoste wat afhanklik is van internasionale steun, herfokus Namibië haar pogings op mobilisering van hulpbronne. Aangesien ons erken dat meer as 70% van Namibië se bevolking direk van landbou afhanklik is, en dat die land se brose watervoorrade onder geweldige druk is, sal ons land alle pogings in 'n enkele, hoëprioriteit nasionale program konsolideer,” het sy gesê.
“Ons sal geïntegreerde waterhulpbronbestuur, grondwateraanvulling en die uitbreiding van strategieë vir droogtebestande landbou- en klimaatslim-besproeiing kombineer. Onder klimaatsverandering en regverdige energie-oorgang skep Namibië 'n formele en aantreklike raamwerk vir belegging en tegnologie-oordrag in die groen waterstofwaardeketting. Ons doel is om 'n volledige, belêbare ekosisteem te bou. Ons ontwikkel proaktief 'n pyplyn van daaropvolgende projekte in groen ammoniak en volhoubare brandstowwe om Namibië se posisie as 'n globale spilpunt vir volhoubare energie te verseker,” het sy gesê.
Die president het die G20 aangespoor om Namibië as 'n noodsaaklike strategiese beleggingsvennoot te beskou wat gereed is om saam te werk aan gedeelde dekarboniseringsdoelwitte. “Die era van beraadslaging sonder implementering moet eindig. Namibië het die politieke wil, deursigtige regering en 'n bewese rekord. Wat ons benodig, is vennootskappe in finansies en tegnologiese vooruitgang wat ooreenstem met die omvang van die uitdagings wat voorlê,” het sy gesê.
Die Wêreldbankpresident, Ajay Banga, het op sy beurt by die G20-beraad gesê werksgeleenthede is die basis van ontwikkeling wat gesinne anker en samelewings stabiliseer.
Banga het beklemtoon dat die bereik van werklike groei die herstel van infrastruktuur, die verbetering van sake-omgewings en die bemagtiging van die private sektor vereis om belegging en werkgeleenthede oraloor Afrika te dryf.
Volgens hom is meer as 60% van die wêreld se onbewerkte bewerkbare grond in Afrika is, tesame met minerale wat krities is vir energie en digitale oorgange, sowel as oorvloedige son, wind en water om in sy eie behoeftes te voorsien en skoon energie uit te voer. Banga sê dit is Afrika se geskenk en een wat sal help om die eeu te definieer.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie