Naute-projek in donker gehul

Kan nie landerye natlei of kos maak
Werkers van die staat se agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië by die Naute-landbouprojek moet reeds 'n maand lank sonder elektrisiteit klaarkom.
Tanja Bause
“Ons werkers lewe heeltemal in die donker. Ons weet nie wat aangaan nie. Niemand het vir ons gesê die krag gaan afgesny word nie en niemand het nog in die maand wat dit af is met ons gepraat nie. Niemand het nog iets vir ons gesê nie,” het ’n werker van die Naute-landbouprojek gesê.

Die projek val onder die vaandel van die staat se agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida).

Die krag is volgens hom sowat ’n maand gelede afgesny – glo weens wanbetaling – en die tussen 300 en 350 werkers het sedertdien geen krag nie. Die dadels en druiwe kan ook nie behoorlik natgelei word nie.

“Ons moet kilometers ver stap om hout te gaan soek sodat ons kos kan maak. Daar is nie meer hout nie en ons moet al hoe verder stap. Ons woon ook in die Naute-wildreservaat en rondom ons is plase, dus is die soek en optel van hout eintlik onwettig, maar hoe moet ons maak? Ons moet eet,” het ’n ander werker gesê.

Die werkers stap ook na die nabygeleë besighede om hulle selfone te herlaai.

“Dit is so drie kilometer van ons af. So vyf kilometer verder is twee besighede waar ons ook ons fone kan herlaai en ons kan hulle vriesgeriewe gebruik vir ons vleis. Ons kan niks meer aanhou nie – nie vleis, hoenders, melk nie – niks nie. So die keuse is om dit daar te vries en te stap of om N$300 te betaal en Keetmanshoop toe en terug te gaan vir vars vleis.”

Volgens hom het Nida gasstowe, wat al vir drie jaar in die stoorkamer gestaan het, aan die werkers verkoop voordat die krag afgegaan het. Dié handjievol werkers kan kos maak, maar almal moet kerse gebruik.

LANDERYE

Die landerye met die uitvoerdruiwe en -dadels kan nie behoorlik natgelei word nie.

“Die pompe werk met krag. Nou gebruik ons net die natuurlike drukking omdat ons laer as die dam geleë is – maar dit is heeltemal te min. ’n Dadelboom benodig 80 liter water per dag en kry nou net sowat 20 liter.”

Nog ’n probleem volgens hom is die uitvoerdruiwe wat in die komende weke geoes moet word.

“Dit is tans baie warm en die druiwe het nou meer water nodig om te groei. Nou gaan ons seker tussen 20% en 30% van die oes verloor omdat die druiwe te min water kry.”

Hy sê die werkers werk tans net sowat drie ure per dag aangesien die plante nie nagelei kan word nie.

RAADSLID

Willem Labuschagne, ’n raadslid vir die Keetmanshoop landelike-kiesafdeling en ’n parlementslid, sê daar is geen kragopwekkers om die water mee te pomp nie.

Volgens hom is daar in die media berig dat Nida kragopwekkers verskaf het om water te pomp.

“Dit is ’n leuen. Daar is geen kragopwekkers nêrens nie. Die mense moet hout bymekaarmaak en hier is net vlaktes. Hulle geisers werk nie; so daar is hoegenaamd geen water om skottelgoed en klere te was of te stort nie. Hulle sit in kerslig in die aande en kan deur die dag nie behoorlik hulle werk doen nie.

“Die dadels wat al geoes en in die koelkamers is, word vrot. Die permanente werkers het hulle salarisse ontvang, die seisoenale werkers het egter nie.

“Mense is baie negatief en niemand kan hulle kwalik neem nie. Niemand van Nida was tot nou toe nog by hulle om te verduidelik nie en nou is daar nog gerugte dat die water ook afgesny gaan word.

“Dit is ’n algehele afbreking van die ekonomie en ’n vermorsing van geld. Alles gaan agteruit. Nida is nie bevoeg om die plaas te ontwikkel of te bestuur nie.”

NIDA

Wessel Nanuseb, Nida se senior korporatiewe kommunikasiebestuurder, het gesê die krag is slegs twee weke gelede afgesny.

“NamPower het dit op homself geneem om die elektrisiteitstoevoer op te skort weens herhaalde wanbetaling.

“Onderhandelinge duur voort om ’n vriendskaplike oplossing vir hierdie kwessie te vind. Nida ondersoek verskeie alternatiewe opsies om te verseker dat elektrisiteit op die lang termyn geredelik beskikbaar sal wees, insluitend die vestiging van ’n sonkragaanleg.”

Hy sê daar is ook geen bewyse dat die druiweoes nadelig beïnvloed sal word nie. Nida se bedrywighede is ook nooit gestaak nie weens die elektrisiteitsonderbrekings wat af en toe plaasvind nie.

“Kort- tot mediumtermynplanne is tans aan die gang vir verdere implementering. Verder het Nida sy geïntegreerde strategiese sakeplan oor ’n tydperk van vyf jaar (ISBP) gefinaliseer wat lang- en korttermyn-ingrypings dek om die agentskap selfonderhoudend te maak.

“Op die Naute-besproeiingsplaas het ons begin met die proses om alternatiewe kragvoorsiening te vestig deur middel van ’n nuwe sonkragprojek om die koste van kragverbruik te verminder, die energievoorsiening by die besproeiingsplaas te stabiliseer asook om werksgeleenthede te skep,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-02-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

H.E. Dr Nangolo Mbumba, President of the Republic of Namibia says they will continue to pursue the second struggle of Namibia Zambian President, Hakainde Hichilema said one road will be named after the late president in Lusaka and the other road will be named after the founding president of Namibia The late President Hage Geingob’s casket was stationed at the Eternal Flame before he was taken to his final resting place The casket will of the late president was lowered with a 21 gun salute Accoutrements will be handed over to the former first lady of Monica Geingos An official luncheon by invitation is scheduled to take place at 14:00 at the State House The foreign dignataries are currently paying their last tribute to the former first lady, Monica Geingos Heroes Acre will be closed to the public, the National Council will announce once it is reopenedSix Nations: Scotland 30 vs 21 England | Ireland 31 vs 7 Wales Premier League: Arsenal 4 vs 1 Newcastle | Bournemouth 0 vs 1 Manchester City | Brighton 1 vs 1 Everton | Crystal Palace 3 vs 0 Burnley | Aston Villa 4 vs 2 Forest | Manchester United 1 vs 2 Fulham | Chelsea 0 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Almería 2 vs 2 Atletico Madrid | Deportivo Alaves 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 4 vs 0 Getafe | Granada 0 vs 0 Valencia | Real Sociedad 1 vs 3 Villarreal SerieA: Juventus 3 vs 2 Frosinone | Genoa 2 vs 0 Udinese | Salernitana 0 vs 2 Monza | Sassuolo 2 vs 3 Empoli | Bologna 2 vs 0 Hellas Verona | Torino 0 vs 2 SS Lazio European Championships Qualifying: Watford 1 vs 2 Huddersfield Town | Ipswich Town 3 vs 1 Birmingham City | Sunderland 1 vs 2 Swansea City | Blackburn Rovers 1 vs 1 Norwich City | Southampton 1 vs 2 Millwall FC | Cardiff City 2 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 2 vs 1 Rotherham United | Sheffield Wednesday 2 vs 1 Bristol City | Middlesbrough 0 vs 2 Plymouth Argyle | Hull City 1 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 3 vs 1 Leicester City | Coventry City 0 vs 3 Preston North End English Championship: Watford 1 vs 2 Huddersfield Town | Ipswich Town 3 vs 1 Birmingham City | Sunderland 1 vs 2 Swansea City | Blackburn Rovers 1 vs 1 Norwich City | Southampton 1 vs 2 Millwall FC | Cardiff City 2 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 2 vs 1 Rotherham United | Sheffield Wednesday 2 vs 1 Bristol City | Middlesbrough 0 vs 2 Plymouth Argyle | Hull City 1 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 3 vs 1 Leicester City | Coventry City 0 vs 3 Preston North End Katima Mulilo: 22° | 41° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 22° | 34° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 35° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:10, High tide: 04:15, Low Tide: 22:13, High tide: 16:26 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:08, High tide: 04:13, Low Tide: 22:11, High tide: 16:24 Walvis Bay: 16° | 21° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:08, High tide: 04:12, Low Tide: 22:11, High tide: 16:23 Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 20° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 18° | 26° Mbabane: 14° | 20° Maseru: 10° | 32° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 16° | 25° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 27° | 33° Lusaka: 18° | 34° Harare: 18° | 33° Currency: GBP to NAD 24.4 | EUR to NAD 20.87 | CNY to NAD 2.68 | USD to NAD 19.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.35 | EGP to NAD 0.62 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.83 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.86 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.44 | USD to AOA 828.51 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 30.85 | USD to KES 144.98 | USD to NGN 1488.4 | USD to ZAR 19.29 | USD to ZMW 22.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74213.39 Up +0.14% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.37 Up +0.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13083.17 Up +0.74% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29309.73 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9001.84 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 035.38/OZ UP +0.52% | Copper US$ 3.86/lb DOWN -0.0073 | Zinc US$ 2 432.00/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 81.72/BBP DOWN -0.0194 | Platinum US$ 900.85/OZ DOWN -0.0011 Sport results: H.E. Dr Nangolo Mbumba, President of the Republic of Namibia says they will continue to pursue the second struggle of Namibia Zambian President, Hakainde Hichilema said one road will be named after the late president in Lusaka and the other road will be named after the founding president of Namibia The late President Hage Geingob’s casket was stationed at the Eternal Flame before he was taken to his final resting place The casket will of the late president was lowered with a 21 gun salute Accoutrements will be handed over to the former first lady of Monica Geingos An official luncheon by invitation is scheduled to take place at 14:00 at the State House The foreign dignataries are currently paying their last tribute to the former first lady, Monica Geingos Heroes Acre will be closed to the public, the National Council will announce once it is reopenedSix Nations: Scotland 30 vs 21 England | Ireland 31 vs 7 Wales Premier League: Arsenal 4 vs 1 Newcastle | Bournemouth 0 vs 1 Manchester City | Brighton 1 vs 1 Everton | Crystal Palace 3 vs 0 Burnley | Aston Villa 4 vs 2 Forest | Manchester United 1 vs 2 Fulham | Chelsea 0 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Almería 2 vs 2 Atletico Madrid | Deportivo Alaves 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 4 vs 0 Getafe | Granada 0 vs 0 Valencia | Real Sociedad 1 vs 3 Villarreal SerieA: Juventus 3 vs 2 Frosinone | Genoa 2 vs 0 Udinese | Salernitana 0 vs 2 Monza | Sassuolo 2 vs 3 Empoli | Bologna 2 vs 0 Hellas Verona | Torino 0 vs 2 SS Lazio European Championships Qualifying: Watford 1 vs 2 Huddersfield Town | Ipswich Town 3 vs 1 Birmingham City | Sunderland 1 vs 2 Swansea City | Blackburn Rovers 1 vs 1 Norwich City | Southampton 1 vs 2 Millwall FC | Cardiff City 2 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 2 vs 1 Rotherham United | Sheffield Wednesday 2 vs 1 Bristol City | Middlesbrough 0 vs 2 Plymouth Argyle | Hull City 1 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 3 vs 1 Leicester City | Coventry City 0 vs 3 Preston North End English Championship: Watford 1 vs 2 Huddersfield Town | Ipswich Town 3 vs 1 Birmingham City | Sunderland 1 vs 2 Swansea City | Blackburn Rovers 1 vs 1 Norwich City | Southampton 1 vs 2 Millwall FC | Cardiff City 2 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 2 vs 1 Rotherham United | Sheffield Wednesday 2 vs 1 Bristol City | Middlesbrough 0 vs 2 Plymouth Argyle | Hull City 1 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 3 vs 1 Leicester City | Coventry City 0 vs 3 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 22° | 41° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 22° | 34° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 35° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:10, High tide: 04:15, Low Tide: 22:13, High tide: 16:26 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:08, High tide: 04:13, Low Tide: 22:11, High tide: 16:24 Walvis Bay: 16° | 21° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:08, High tide: 04:12, Low Tide: 22:11, High tide: 16:23 Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 20° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 18° | 26° Mbabane: 14° | 20° Maseru: 10° | 32° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 16° | 25° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 27° | 33° Lusaka: 18° | 34° Harare: 18° | 33° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24.4 | EUR to NAD 20.87 | CNY to NAD 2.68 | USD to NAD 19.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.35 | EGP to NAD 0.62 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.83 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.86 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.44 | USD to AOA 828.51 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 30.85 | USD to KES 144.98 | USD to NGN 1488.4 | USD to ZAR 19.29 | USD to ZMW 22.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74213.39 Up +0.14% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.37 Up +0.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13083.17 Up +0.74% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29309.73 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9001.84 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 035.38/OZ UP +0.52% | Copper US$ 3.86/lb DOWN -0.0073 | Zinc US$ 2 432.00/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 81.72/BBP DOWN -0.0194 | Platinum US$ 900.85/OZ DOWN -0.0011