• Tuisblad
  • Regering
  • Nandi-Ndaitwah benoem as Afrika se Politieke leier van die jaar
Netumbo
Netumbo

Nandi-Ndaitwah benoem as Afrika se Politieke leier van die jaar

Henriette Lamprecht
Namibië se president Netumbo Nandi-Ndaitwah is benoem as een van die finaliste in die African Leadership Magazine se Persone van die Jaar. Nandi-Ndaitwah is in die kategorie vir Afrika Politieke Leier van die Jaar benoem as een van die leiers wie se waagmoed, vernuwing en beslissende optrede die rigting van die ontwikkeling van die vasteland verskuif. Ander genomineerdes in dié kategorie sluit in Patrice Talon (president van Benin), Duma Gideon Boko (president van Botswana) en José Maria Neves (president of Cape Verde). Volgens die tydskrif het vanjaar se genomineerdes buitengewone leierskap getoon op gebiede soos sake, onderwys, vrede en sekuriteit, jeug en openbare diens. Stemmery het reeds geopen op die webtuiste www.AfricanLeadershipMagazine.Co.UK en sluit 30 November.

Kommentaar

Republikein 2026-02-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer