Christine ?Hoebes Foto verskaf
Christine ?Hoebes Foto verskaf

Nandi-Ndaitwah behou oudminister as adviseur

Nikanor Nangolo
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die voormalige minister in die presidensie verantwoodelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, Christine ||Hoebes, as haar spesiale adviseur oor presidensiële aangeleenthede aangestel.

Die aanstelling, wat Dinsdag deur die woordvoerder van die presidensie, Alfredo Hengari, bevestig is, beëindig weke se spekulasie oor ||Hoebes se toekoms in die Nandi-Ndaitwah-administrasie.

||Hoebes is een van verskeie voormalige ministers wat nie na die parlement of kabinet teruggekeer het ná die onlangse oorgang nie. Die lot van huidige presidensiële adviseurs bly onbekend, met bronne wat beweer dat hulle tot verlede week gehad het om uit te vind of hulle behou sal word of nie.

Een van hulle, Inge Zaamwani, sal na verwagting die nuwe minister van landbou, visserye, water en grondhervorming word, in die plek van Mac Albert Hengari, wat onlangs afgedank is te midde van omkoperybewerings.

Die voormalige uitvoerende hoof van Namdeb is die raadgewer oor grondwetlike aangeleenthede en die skakeling met die private sektor.

||Hoebes se politieke loopbaan het op die ouderdom van 23 begin, toe sy tot raadslid van Witvlei verkies is. Sy het later voorsitter van die dorpsraad geword en was destyds die jongste burgemeester in Namibië.

Haar nasionale politieke loopbaan het in 2015 begin toe sy as adjunkminister van presidensiële sake aangestel is.

Tydens ’n kabinetskommeling in Februarie 2018 is sy hertoegewys na die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking en het voortgegaan in ’n adjunkministeriële rol.

Op 21 Maart 2020 het ||Hoebes na die presidensie teruggekeer, hierdie keer as die minister van presidensiële sake.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer