Madurocarabobo11372107284111
Madurocarabobo11372107284111

Namibië: 'Beskerm Venezuela se soewereiniteit'

Henriette Lamprecht
Namibië se ministerie van internasionale betrekkinge en handel het sy skok uitgespreek oor Amerika se inhegtenisname van die president van Venezuela, Nicolas Maduro Moros en sy vrou. Die ministerie het dit as ‘n skending van Venezuela se soewereiniteit en internasionale reg beskryf en beklemtoon dat die soewereiniteit, territoriale integriteit en politieke onafhanklikheid van alle nasies ten volle gerespekteer moet word. Dit is in lyn met die Verenigde Nasies (VN) Handves en kernbeginsels van internasionale reg vir die verbetering van wêreldwye vrede en stabiliteit. Namibië het ook sy vriendskap, solidariteit en samewerking herbevestig gebaseer op 'n gedeelde geskiedenis van die teen-koloniale stryd om selfbeskikking en onafhanklikheid.

“Namibië ondersteun die aktiewe betrokkenheid van multilaterale organisasies, insluitend die Verenigde Nasies en relevante streeksliggame, om die beskerming van die internasionale reg en soewereiniteit van nasies te verseker. In hierdie konteks ondersteun ons die byeenroeping van 'n VN-Veiligheidsraadsitting oor die ontvouende situasie in Venezuela,” lui die ministeriële verklaring.

Namibië het ook die internasionale gemeenskap aangemoedig om dialoog en diplomasie te prioritiseer om verskille tussen nasies op te los.

Kommentaar

Republikein 2026-01-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer