Mnr. Amon Ngavetene Foto nta.com.na
Mnr. Amon Ngavetene Foto nta.com.na

N$1,44 miljard se tenders in ses maande

Regering beplan glo meer doeltreffend
Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië gee terugvoering oor sy tendertoekennings tussen April en September vanjaar.
Augetto Graig
Die regering se Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) het tussen April en September vanjaar tenders ter waarde van N$1,44 miljard aan altesaam 37 maatskappye toegeken.

Volgens die CPBN se waarnemende voorsitter en administratiewe hoof, mnr. Amon Ngavetene, is net een van die maatskappye nie 100% in Namibiese besit nie.

Dié tenders sluit in die oprigting van skole en beroepsopleidingsentrums, gesondheidsgeriewe, telekommunikasiedienste, sekuriteitsdienste, verskaffing van kos aan skole, instandhouding van paaie, voorsiening van voorraad vir hospitale en klinieke en skoonmaakdienste, het hy gesê.

Verder bestuur die raad tans 72 kontrakte, waarvan slegs ses agter skedule is.

Een van dié kontrakte word opgeskort en ses het nog nie terugvoering ingedien nie, terwyl 19 gedurende die afgelope drie maande toegeken is en dus nog nie opgevolg is nie. Van hierdie kontrakte is 33 op koers, sê hy.

Ses van hierdie kontrakte presteer bo verwagtinge, voeg hy by.

Ngavetene het benadruk dat die wetgewing oor sentrale verkryging die raad, die hersieningspaneel en die verkrygingsbeleideenheid as onafhanklike entiteite in die ministerie van finansies vestig.

Die raad kan nou gevra word om ’n toekenning te hersien aangesien regulasies in Oktober gepubliseer is, maar as ʼn bieër steeds nie tevrede is nie, kan hulle die hersieningspaneel vir ’n besluit nader.

Die verkrygingsbeleideenheid se mandaat is om oorsig te bied en om raad aan die minister te gee, sê hy.

Aanvanklik moet regeringsinstansies ’n individuele verkrygingsplan aan die raad vir goedkeuring voorlê.

Dié plan is die eerste stap in die verkryging van hoëwaarde-staatsprojekte.

In die betrokke ses maande is ses verkrygingsplanne ter waarde van N$513,4 miljoen ontvang. Dit is N$116,8 miljoen minder as oor dieselfde tydperk verlede jaar.

Die afname kan dui op die verswakking van die ekonomie, maar dalk ook op kunsmatige verdeling van tenders om die raad se toesig te vermy deur waardes onder die drumpel te beperk, waarsku hy.

Ngavetene sê die CPBN se beplanning is oor die algemeen meer doeltreffend, met net drie aansoeke vir variasies op bestaande kontrakte ter waarde van N$14,7 miljoen wat vir die periode goedgekeur is.

Drie ander kontrakte ter waarde van N$204,8 miljoen is verleng, teenoor nege in 2021 teen N$271,6 miljoen.

“Die afname in die verlenging van kontrakte gee ons moed, omdat dit beter verkrygingsbestuur weerspieël,” sê hy.

Net een direkte verkryging - wanneer net een verskaffer oorweeg word - is toegeken, teenoor ses laas jaar, het hy gesê.

Vier tenders ter waarde van N$74,6 miljoen is gekanselleer.

Drie van dié tenders was vir sekuriteitsdienste vir Telecom Namibia, die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) en die Windhoek-munisipaliteit.

Ngavetene is gevra oor sekuriteitsmaatskappye se beskuldigings dat die raad beter salarisse en werksomstandighede vir sekuriteitswagte belemmer deur kontrakte aan diensverskaffers toe te ken wat nie die minimum loon betaal nie.

“So ’n narratief is belaglik,” het hy geantwoord.

Maatskappye wat bie moet kostes indien en die ooreenkoms verplig hulle om die minimum loon te betaal, aangesien die sekuriteitsbedryf gereguleer word, voer hy aan.

Ngavetene het ook gesê 11 bieërs het in die betrokke ses maande by die hersieningspaneel aansoek gedoen, waarvan die raad in vier se guns beslis het, twee aansoeke steeds voortduur, en die raad vyf keer opdrag gegee is om die toekennings te hersien.

CPBN is ook steeds betrokke by ’n verhoor in die hoërhof waarin Neu Olulya Trading die kansellasie van hul kontrak om die Nkurenkuru-beroepsopleidingsentrum te bou, uitdaag.

Ngavetene sê egter die maatskappy betwis nie die feit dat hulle nie die werk gedoen het nie, en Neu Olulya is intussen vir ses maande verbied om vir groot regeringtenders mee te ding.

Kinetic Ovation word ook vir twee jaar verbied om aansoek te doen nadat die maatskappy ’n brief van die bank vervals het terwyl hulle betrokke was by die konstruksie van ʼn primêre skool in Swakopmund.

“Ons sal geen onderprestasie aanvaar nie,” het Ngavetene benadruk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.29/OZ DOWN -0.0049 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0092 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 1 059.61/OZ DOWN -0.0096 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.29/OZ DOWN -0.0049 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0092 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 1 059.61/OZ DOWN -0.0096