Meer as ’n miljoen vir voertuigonderdele
Bou interne kapasiteit om koste te besnoei
Meer as 30 regeringsvoertuie word tans by die staat se werkswinkel op Rundu herstel, terwyl 21 afgeskryf is en opgeveil gaan word.
Die regering se werkswinkel op Rundu, wat verantwoordelik is vir die instandhouding van voertuie in beide Kavango-Oos en -Wes, het die afgelope tien maande meer as N$1 miljoen aan onderdele bestee.
Dit in ’n poging om sy verouderde vloot te laat herleef en in stand te hou.
Die werkswinkel se senior voorman het dié bedrag bevestig en sê die aankope sluit ’n wye verskeidenheid onderdele vir Toyota-, Isuzu- en Nissan-voertuie in.
Die meeste van die geld is glo bestee aan grootmaataankope vir kritieke onderdele soos filters en diensstelle, wat die werkswinkel in staat gestel het om vir byna sewe maande voertuie te kan diens en te herstel sonder om weer ’n bestelling te plaas.
“Ons probeer om voorraad op te bou, want ons is baie ver van groot verskaffers af. Dit help om herstelwerk aan die gang te hou,” het hy aan Network Media Hub (NMH) gesê.
Die werkswinkel doen nou 70% tot 80% van sy herstelwerk intern en keer sodoende die voortgesette afhanklikheid van eksterne bronne om.
“Ons probeer interne kapasiteit bou sodat ons koste kan besnoei en die tye wat ons stilstaan te verminder,” het hy bygevoeg.
Tans word meer as 30 regeringsvoertuie by die werkswinkel herstel, terwyl 21 ander amptelik as oorbodig (redundant) verklaar is. Laasgenoemde word in die werkswinkel se veilingserf geplaas.
MINISTER
Dit volg nadat die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, ’n opdrag vroeër vandeesmaand uitgereik het wat vereis dat al die regering se werkswinkels binne twee weke ’n lys van onbruikbare voertuie moet saamstel en voorlê.
Die werkswinkel op Rundu het aan die sperdatum voldoen en sy lys is op 10 April ingedien.
Die voertuie is geëvalueer deur gebruik te maak van ’n streng tegniese inspeksieprotokol, wat ingesluit het hoeveel kilometer die voertuig reeds afgelê het, enige geskiedenis van skade, asook die algemene toestand van die voertuig. Foto’s en dokumentasie vergesel ook elke voertuig op die lys.
Die regeringsbeleid vir die finale evaluering wat verklaar die voertuig is nie ekonomies om te herstel nie, is wanneer die koste die helfte van die voertuig se boekwaarde oorskry.
“Die meeste voertuie is weens groot ongelukke afgeskryf. Om dit te herstel gaan meer kos as wat hulle werd is,” het hy verduidelik.
Hoewel die veilingsproses vorder, het hy kommer uitgespreek oor vervangings.
“Ons is bang ons raak ontslae van 20 of meer voertuie en kry net twee of drie terug. Dit sal ons bedrywighede lamlê,” het hy gesê.
Hy het egter vertroue uitgespreek in die ministerie se leierskap en sê die streek se beperkte maar hardwerkende vloot doen sy bes om in die aanvraag te voldoen.
TESOURIE
In 2023 het die ministerie van werke meer as N$105 miljoen ingesamel deur afgeskryfde voertuie op te veil.
Nekundi het op sy beurt beklemtoon dat, hoewel die regering nie as ’n reël voertuie vir ’n wins verkoop nie, is die herwinning van die waarde vir die fiskus ’n sleutelaspek.
Die ministerie hoop om die proses om die betrokke voertuie op te veil binne die volgende drie maande te voltooi.
Nadat voorleggings van die regering se werkswinkels landswyd ontvang is, sal versoeke aan die tesourie gestuur word vir goedkeuring om dit af te skryf voordat die veilings sal plaasvind.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie