Massabehuisingsprogram: Swapo loop sperdatum mis
Ministerie verduidelik vertragings
Altesaam 4 826 wooneenhede is reeds landswyd voltooi en oorhandig sedert die program se aanvang in 2013, die oorblywende 572 huise – geleë in Opuwo, Swakopmund en Windhoek – moet nog gefinaliseer word.
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het bevestig dat Swapo se belofte in sy manifes om al die huise onder die ontwikkelingsprogram vir massabehuising (MHDP) teen Desember 2025 te voltooi en te oorhandig, nie nagekom is nie weens verskeie wetlike, tegniese en beplanningsuitdagings.
Dié taak is vervat in Swapo se implementeringsplan in sy manifes van 2025-’30, wat belowe het dat alle uitstaande MHDP-huise teen die einde van verlede jaar voltooi sou wees.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Wilhelmine Shivute, het aan Network Media Hub (NMH) gesê terwyl 4 826 wooneenhede landswyd voltooi en oorhandig is sedert die program se aanvang in 2013, die oorblywende 572 huise – geleë in Opuwo, Swakopmund en Windhoek – nog gefinaliseer moet word.
“Die vertraging in die voltooiing van die oorblywende huise wat begin is, maar nie voltooi is teen die vasgestelde datum van November 2025 nie, is betreurenswaardig,” het Shivute gesê.
“Verskeie faktore buite die ministerie se beheer het egter tot hierdie uitkoms bygedra.”
OPUWO
’n Regsgeskil het die vordering van die konstruksie van 24 huise op Opuwo, onder kontrakteur Betonstein Construction CC, vertraag.
“Die regsgeskil wat die voltooiing van die 24 huise op Opuwo vertraag het, is opgelos, en die aanstelling van ’n kontrakteur is gedurende die 2024-’25-boekjaar afgehandel,” het Shivute gesê.
“Die perseel is in Mei 2025 aan die kontrakteur oorhandig vir ’n kontraktydperk van 12 maande.”
Sy het gesê hoewel pogings aangewend is om die sperdatum van November 2025 te bereik, het die omvang van die uitstaande werk dit onmoontlik gemaak. Die projek sal na verwagting nou in Februarie 2026 voltooi wees, voor die kontraktuele sperdatum van April 2026.
SWAKOPMUND
In Swakopmund is die voltooiing van 186 huise onder Desert Paving and Construction CC deur langdurige regsgedinge en onderhandelinge vertraag.
“Die hervatting van werksaamhede om die oorblywende 186 huise in Swakopmund te voltooi, is weens regsgedinge en onderhandelinge vertraag, wat eers laat verlede jaar opgelos is,” het Shivute gesê.
“Die regering is tans besig om die kontrak vir ondertekening te finaliseer om die hervatting van werksaamhede toe te laat.”
WINDHOEK
Die Otjomuise Uitbreiding 10-projek in Windhoek, wat uit 362 huise bestaan, het die ergste uitdagings in die gesig gestaar.
Shivute het gesê die woonbuurt is aanvanklik uitgelê vir laedigtheid-ontwikkeling en enkelresidensiële behuising. Dié planne het egter later verander en hoë woonstelgeboue en gemengde behuisingstipes is ingefaseer, wat gelei het tot verdigting buite die kapasiteit van goedgekeurde munisipale dienste.
“Dit het die herbeplanning van die woonbuurt se uitleg genoodsaak om die hoër digtheid te akkommodeer,” het sy gesê.
“Die voorgestelde gewysigde ontwikkeling het ook die herbelyning van grootmaat- munisipale dienste en, in sommige gevalle, die installering van bykomende infrastruktuur vereis.”
Om die projek te versnel, is voorlopige goedkeuring verleen dat konstruksie kan voortgaan terwyl die herbeplanning voortduur.
Die afwesigheid van goedgekeurde tekeninge vir grootmaatdienste – as gevolg van die hangende proklamasie – het egter beteken dat huise strukturele voltooiing bereik het sonder dat hulle aan riool, water of elektrisiteit gekoppel is.
“Sonder hierdie dienste is die huise nie geskik vir bewoning nie,” het Shivute erken.
Sy het bygevoeg die ministerie het die kontrak met CalgroKuumBa Planning and Design (Edms) Bpk. in Desember 2025 beëindig ná herhaalde versuim om sperdatums na te kom, ten spyte van ’n verlenging wat tot November 2025 toegestaan is.
Namibia Welding Building and Civil Works CC is intussen aangestel om die oorblywende werk te voltooi.
HERHAAL TOEWYDING
Ten spyte van die terugslae, het Shivute gesê die ministerie bly daartoe verbind om die uitstaande projekte te voltooi.
“Ons erken dat hierdie projekte verskeie uitdagings in die gesig gestaar het in vergelyking met ander MHDP-projekte in ander plaaslike owerhede, waarvan die meeste sedertdien voltooi en beset is,” het sy gesê.
“Nietemin het alle betrokke partye ywerig voortgegaan om die uitstaande kwessies te takel.
“Die regering, saam met alle betrokke belanghebbendes, doen alles in sy vermoë om die oorblywende prosesse te bespoedig sodat die projekte praktiese voltooiing kan bereik en verseker dat die huise binne die kortste moontlike tyd gereed is vir okkupasie,” het sy bygevoeg.
REGSKORRESPONDENSIE
In ’n brief gedateer 8 Desember 2025 het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Sankwasa James Sankwasa, aan prokureur-generaal Festus Mbandeka geskryf en versoek dat ’n konsep-skikkingsooreenkoms en ’n skedule van voorwaardes tussen die ministerie en Desert Paving & Construction CC gefinaliseer en goedgekeur word.
Die korrespondensie, gerig aan staatsprokureurs Janseline Gawiises en Matiti Asino, verwys spesifiek na die MHDP-projek in Swakopmund wat die 186 onvoltooide huise behels.
Volgens die brief het die ministerie die konsepooreenkoms deurgegaan en was in beginsel gereed om te teken, onderhewig aan die finalisering van die skedule van voorwaardes deur die ministerie van werke en vervoer deur middel van sy hoofagent, Richard Frankle and Partners Quantity Surveyors.
“In die lig van bogenoemde, heg ons hiermee ’n boddokument aan vir voorlegging aan Desert Paving & Construction CC vir formalisering van die bod deur die direkte verkrygingsmetode ingevolge die Wet op Openbare Verkryging, 2015, soos gewysig,” lui die brief.
Toe hy genader is vir kommentaar oor die sperdatum wat misgeloop is, het Swapo se adjunk-sekretaris-generaal, Uahekua Herunga, geweier om kommentaar te lewer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie