LP’s ontevrede met Verkiesingskommissie se werk
Dinsdag was daar seldsame eenstemmigheid in die Nasionale Vergadering toe die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se pas vrygestelde verslag oor die verkiesings van November 2024 gedebatteer is.
’n Swapo-lid, adjunkspeaker Phillip Katamelo, het die mosie om oor hierdie verslag te debatteer in die parlement ter tafel gelê.
Die leier van die Affirmative Repositioning, Job Amupanda, het sy diepe ontevredenheid uitgespreek oor die “slordige werk van onbevoegde mense” by die ECN, wat na sy mening ontslaan moet word.
Nudo-LP Vetaruhe Kandorozu het die ECN gekritiseer wat meer as 30 jaar gelede gestig is, sedertdien herhaaldelik personeel opgelei het en dit “lyk asof hulle voortdurend nuut en onervare is”.
McHenry Venaani, die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), het beweer personeel van die Zimbabwiese Verkiesingskommissie het glo hul Namibiese eweknieë geleer hoe om doelbewus organisatoriese tekortkominge te veroorsaak, insluitend die stadige prosessering van kiesers by stempunte en die gebrek aan voldoende stembriewe, wat tot doelbewuste lang wagtye gelei het. Die dae lange se gewag vir die verkiesingsuitslae word ook as manipulasie beskou.
Venaani het gekla dat die ECN haastig ’n tweede verkiesingsdag aangekondig het, maar slegs vir ’n paar stemlokale.
“Ghana het 17 miljoen inwoners en het onlangs verkiesings op ’n enkele dag gehou, maar in Namibië, met net minder as 1,4 miljoen kiesers, neem dit twee dae. Dit is opsetlik,” het hy gekritiseer.
Venaani het ook gekla die ECN, ten spyte van die verkiesingskalender, het die sperdatum vir die tenders vir die druk van die stembriewe misgeloop, net om ’n beweerde “korrupte maatskappy” in Suid-Afrika aan te stel. Hy het gesinspeel dat die “weglating” doelbewus was, net om die betrokke maatskappy aan te stel.
Swapo-agterbanker Tobie Aupindi het in sy toespraak gesê verlede November se verkiesings was gebrekkig, maar dat ’n pad vorentoe gevind moet word om die werksaamhede van die ECN te verbeter.
Eerste minister Elijah Ngurare het gesê daar was algemene ooreenstemming oor die vertragings en ander struikelblokke tydens die verkiesings.
“Ons as ’n parlement moet verteenwoordigers van die ECN nooi sodat hulle dinge namens hulself kan verduidelik,” het Ngurare aanbeveel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie