Landelike gebiede trek aan kortste end
Gaping tussen arm en ryk vergroot
Die toekennings in die huidige begroting blyk meer gegrond te wees in historiese begrotingspraktyke as in 'n betekenisvolle begrip van gemeenskappe se behoeftes.
Die wetmaker van die Nasionale Raad (NR), Paulus Mbangu, het sy misnoeë oor die begrotingswetsontwerp uitgespreek, aangesien dit voortgaan om ’n stedelik-gebaseerde ontwikkelingsmodel te versterk wat ongelykhede tussen stedelike en landelike gebiede vererger en die gaping tussen diegene wat het en diegene wat nie het nie, verdiep.
Terwyl landelike gebiede dikwels kleiner begrotingstoekennings as stedelike gebiede ontvang, afhangende van die sektor en boekjaar, is sommige dit eens dat selfs sektore met toegewyde landelike begrotings, soos sanitasie en inkomstegenererende projekte, onder óf te min finansiering óf misplaaste prioriteite ly.
Mbangu het tydens sy bydrae tot die bespreking van die wetsontwerp in die NR gesê die regering moet die kommerwekkende werklikheid trotseer.
“Die toekennings in die huidige begroting blyk meer gegrond te wees in historiese begrotingspraktyke as in ’n betekenisvolle begrip van gemeenskappe se behoeftes.
“Ons sien byvoorbeeld die hoogste ontwikkelingsbegroting is aan die Khomasstreek toegeken, met Erongo kort op sy hakke. In sterk kontras ontvang streke soos Kavango-Oos, Omusati, Ohangwena en Kavango-Wes die laagste toekennings,” het Mbangu gesê.
“Dié wanbalanse is nie net statistieke nie, dit weerspieël die ongelyke geleenthede wat vir ons burgers beskikbaar is.
“Om dit in perspektief te stel, is die begroting vir die Khomasstreek alleen 24% van die totale ontwikkelingsbegroting. Tog is die streek reeds baie meer ontwikkel as landelike gebiede.
“Hoewel dit noodsaaklik is om die ontwikkelingsbehoeftes van ons hoofstad te erken, kan ons nie die dringende uitdagings ignoreer wat landelike gemeenskappe ervaar nie.”
Mbangu het bygevoeg dat landelike gebiede ook aandag en belegging verdien.
“Ware vooruitgang kan nie bereik word terwyl hele gemeenskappe agtergelaat word nie. Ek doen ’n beroep op hierdie Huis om ’n mosie te ondersteun waarin ons ons president vra om in te gryp en om die kapitale begroting vir landelike gebiede te verhoog.”
KRITIEK
Mbangu het die NR in die verlede gekritiseer vir sy versuim om sy toesighoudende magte ten volle uit te oefen en in veral om die voormalige minister van finansies verantwoordbaar vir sy begrotingsvoorstelle te hou.
Hy het die raad gekritiseer omdat hy nie die minister ontbied het om sy begrotings te regverdig nie en ’n beroep gedoen op groter inklusiwiteit van raadslede in begrotingskonsultasies.
Mbangu het verlede jaar tydens ’n kabinetsitting gesê huidige toekennings vir streekrade is onvoldoende om in die aanvraag van kiesafdelings te voldoen. Hy het die tekorte toegeskryf aan ’n gebrek aan behoorlike konsultasie met raadslede voor die opstelproses. Volgens hom word raadslede wat aan die voorpunt van gemeenskapsontwikkeling is, uitgesluit van begrotingsbesprekings wat hul invloed op hoe hulpbronne versprei word, beperk.
“Die fondse wat aan streekrade gegee word, is eenvoudig nie genoeg nie. Ministers verwys mense dikwels terug na raadslede vir hulp, maar tog word hulle sonder die hulpbronne gelaat om hierdie kwessies uit te sorteer,” het hy gesê.
Met verwysing na die begroting vir water en infrastruktuur vir vanjaar, het Mgangu kommer uitgespreek oor die kleiner begroting en die gevolge daarvan.
“Die huidige toekenning vir water en mariene hulpbronne van N$954 miljoen is eenvoudig nie genoeg nie.
“Ons moet vra ‘word hierdie geld op so ’n manier toegeken wat die dringende waterbehoeftes van ons landelike gemeenskappe takel?
“Maak ons seker dat elke streek gelyke toegang tot hierdie noodsaaklike hulpbron het, ongeag waar sy mense woon?
“Verlede jaar was die 2020-’25-begroting hiervoor N$1 miljard vir water alleen. Vanjaar is hierdie toekenning nie net verminder nie, maar dit is onder een vaandel met mariene hulpbronne gekombineer. Dit is kommerwekkend.” het hy gesê.
Mbangu het gewys op die uitdagings wat die visbedryf in die gesig staar, met verwysing na ’n gebrek aan toerusting vir patrollering asook hoë bedryfskoste.
“Een van die patrollievliegtuie is in so ’n slegte toestand dat dit net op land gebruik kan word. ’n Enkele rit op see kos sowat ’n half miljoen in brandstof alleen.
“Dis net een rit. Nou, met water en mariene hulpbronne wat saam gevoeg is en met ’n kleiner begroting, is dit duidelik hierdie toekenning gaan onvoldoende wees om aan die behoeftes van beide sektore te voldoen,” het hy gewaarsku.
Hy het ’n beroep op die regering gedoen om sy benadering tot die toekenning van hulpbronne te herevalueer.
“Dis noodsaaklik dat ons voorspraak doen vir ’n begroting wat gebaseer is op relevante data, een wat werklike behoeftes takel en een wat niemand in die streek agterlaat nie,” het Mbangu gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie