President Nangolo Mbumba saam met eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila by die eerste besluitnemingsvergadering van die kabinet vir 2024.
Foto Augetto Graig
President Nangolo Mbumba saam met eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila by die eerste besluitnemingsvergadering van die kabinet vir 2024. Foto Augetto Graig

Kabinet spring aan die werk

Ekonomie groei glo weer
Mbumba sê die bekamping van korrupsie is almal se patriotiese plig.
Augetto Graig
Ná ’n minuut van stilte ter ere van wyle president Hage Geingob, het Namibië se vierde president, Nangolo Mbumba, gister die eerste besluitnemingsvergadering van die kabinet geopen.

Volgens Mbumba het die plaaslike ekonomie weer die groeivlak van voor die Covid-19-pandemie verbygesteek teen 7,2% vir die derde kwartaal van 2023 en met ’n groeivooruitsig van 3,4% vir 2024, soos geraam deur die Bank of Namibia (BoN). Die prestasie is weens gesamentlike pogings gelei deur Geingob se Harambee-welvaartsplan 1 en 2, sê hy.

“Ons land is weer op ’n ekonomiese herstelpad in verskeie sektore, veral landbou, mynbou, visserye, toerisme, olie en gas en groen energie. Ek doen dus ’n beroep op die betrokke staatsdepartemente in dié sektore om te begin om alle uitstaande programme te implementeer om ekonomiese ontwikkeling te bespoedig en werksgeleenthede vir ons mense te skep, veral die jeug,” sê Mbumba.

Hy het veral die toename in toeristebesoeke aan Namibië oor die afgelope feesseisoen uitgelig, “met veral groot getalle uit die SADC-streek.”

Volgens Mbumba verwag Namibië ook dat die ontwikkeling van die groenwaterstofbedryf die ekonomie sal hervorm.

“Die ontwikkeling daarvan sal na verwagting verdere groei in nywerhede, soos onder meer logistiek, landbou en volhoubare vervaardiging bring. Vanjaar behoort drie groenwaterstof-toetsprojekte met bedrywighede te begin,” sê hy.

Verder word die finale aankondiging vir TotalEnergies se Venus-1 en Shell se Graff-1 en Jonker-IX-olieboor-eksplorasiepogings verwag, sê die president.

“Ons is ingelig dat hierdie drie blokke ’n gesamentlike skatting van 2,5 miljard vate olie bevat,” sê hy.

Mbumba het ook melding gemaak van die onlangse ontdekking by die Mopane 2X-boorgat wat deur Galp Energia van Portugal, Custos Energy en Namcor gemaak is.

“Ons wil hê Namibiërs moet aktief deelneem en voordeel trek uit die ekonomiese oplewing. Die Welwitschia-welvaartfonds wat ons gestig het om ons landsburgers, insluitend toekomstige geslagte, te bevoordeel, sal ’n belangrike rol speel om gelykheid tussen generasies te verseker,” het hy gesê.

Mbumba is bewus van sommige burgers se kommer oor korrupsie in die groeiend energiesektor. Hy het sy kabinetslede gevra om Namibiërs te verseker van die regering se besluit om aanspreeklikheid en deursigtigheid te bevorder deur beleidsmaatreëls op te skerp om korrupsie te bekamp.

“Ek wil ’n beroep op ons wetstoepassingsagentskappe, die Namibiese polisie, die Teenkorrupsiekommissie, die Finansiële Intelligensiesentrum, die regbank, die parlement, die media en al ons inwoners doen om voort te gaan om hul onderskeie rolle te speel, om Namibië deursigtig te maak en korrupsievry te hou. Die handhawing van ’n bemagtigende omgewing waarin aanspreeklikheid en deursigtigheid floreer, om te voorkom dat korrupsie wortel skiet, is ons almal se patriotiese plig,” luidens Mbumba.

Hy sê sy tyd as president sal van korte duur wees, met inagneming van die komende verkiesings wat vir later vanjaar beplan word. Hy doen egter ’n beroep op sy ministers om die regering se maatskaplike kontrak met die mense ten minste tot Maart 2025 te handhaaf.

“Ons moet dus almal die belange van die mense van Namibië dien en die tydige implementering van projekte en programme prioritiseer,” sê Mbumba.

Namibië se nuwe visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, was by die geleentheid saam met die nuwe minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Peya Mushelenga, wat onlangs by haar oorgeneem het.

Die nuwe adjunk- eerste minister, John Mutorwa, was ook teenwoordig, saam met Emma Theofelus (27); die jongste kabinetsminister ooit en die nuwe minister van inligting en kommunikasietegnologie. Saam met haar adjunk, Modestus Amutse, is die nuwe aanstellings sedert Vrydag van krag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 37° Eenhana: 18° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 24° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 31° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:34, High tide: 13:58, Low Tide: 20:05, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:56, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 19° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:55, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 32° Aranos: 20° | 36° Lüderitz: 12° | 19° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 28° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 9° | 20° Maseru: 9° | 26° Antananarivo: 13° | 30° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 15° | 26° Windhoek: 18° | 31° Cape Town: 15° | 26° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 21° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.19 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.59 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.12 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.85 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.61 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1860.17 Up +0.28% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14048.66 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30273.06 Up +1.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.54/OZ UP +0.00% | Copper US$ 4.33/lb DOWN -0.0114 | Zinc US$ 3 033.00/T DOWN -1.88% | Brent Crude Oil US$ 74.52/BBP DOWN -0.0122 | Platinum US$ 979.92/OZ DOWN -0.0123 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 37° Eenhana: 18° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 24° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 31° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:34, High tide: 13:58, Low Tide: 20:05, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:56, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 19° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:55, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 32° Aranos: 20° | 36° Lüderitz: 12° | 19° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 28° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 9° | 20° Maseru: 9° | 26° Antananarivo: 13° | 30° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 15° | 26° Windhoek: 18° | 31° Cape Town: 15° | 26° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.19 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.59 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.12 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.85 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.61 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1860.17 Up +0.28% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14048.66 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30273.06 Up +1.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.54/OZ UP +0.00% | Copper US$ 4.33/lb DOWN -0.0114 | Zinc US$ 3 033.00/T DOWN -1.88% | Brent Crude Oil US$ 74.52/BBP DOWN -0.0122 | Platinum US$ 979.92/OZ DOWN -0.0123