Geingos lê besoek af by Namdia
Belê in menslike kapitaal
Die presidentsvrou sê die One Economy-stigting streef daarna om Namibië se verdeelde ekonomie te verenig.
“Deur julle doeltreffende prysontdekkingsproses, sal Namdia beter toegerus wees om sy pogings op die gebied van maatskaplike opbrengste buiten kapitaalopbrengste uit te brei, en sodoende verhoogde belegging in die bevordering van menslike kapitaal te fasiliteer.”
Die presidentsvrou, Monica Geingos, het dít verlede week tydens ’n besoek aan die diamantverkoper, Namdia, gesê.
Haar toespraak het gefokus op Namdia se verantwoordelikheid om by te dra om talentvolle Namibiërs van minderbevoorregte agtergronde te ontwikkel deur die bevordering van hul welstand en ondersteuning.
Net soos die onderneming gevestig is om die volle potensiaal van diamante te ontsluit, kan dit ook help om menslike kapitaal ten volle te maksimaliseer, brei sy uit.
“Talle van ons talentvolle jongmense val deur die krake, en dit is iets wat my na aan die hart lê,” het sy gesê.
Volgens Geingos streef haar One Economy-stigting om Namibië se verdeelde ekonomie te verenig.
“Ons het twee ekonomieë in Namibië. Die eerste ekonomie is met multimiljarddollar-maatskappye soos Namdia, en sowat 10% van ons bevolking met soortgelyke lewens as in Eerste Wêreld-lande, met toegang tot goeie gesondheidsorg en gehalte-onderrig. Die tweede ekonomie is meer eenvoudig, met 90% van die bevolking wat slegs toegang tot openbare dienste het, waar dit beskikbaar is. Almal ken die ongelykheid in Namibië en dit word verbind met die groeiend jeugdemografie. Dit is nie volhoubaar nie,” dring sy aan.
Om die twee ekonomieë te verenig maak sy staat op ondernemings soos Namdia se ondersteuning, en moedig sy soortgelyke maatskappye aan om verby die finansiële opbrengs te kyk na die maatskaplike opbrengs. Veral in terme van Namibië se jeug, sê sy, “is ons almal verantwoordelik om seker te maak hulle bereik hul volle potensiaal”.
Spesifiek in terme van toegang tot gesondheidsorg, onderwys en sport moet die privaat sektor hulp bied, sê sy.
Geingos het Namdia se stigting geprys vir skenkings ter waarde van sowat N$40 miljoen sedert sy ontstaan in 2016. By die geleentheid het Namdia ’n slimtelevisie (65 duim) en ’n tafelrekenaar, met ’n gesamentlike waarde van N$60 000 aan One Economy geskenk, om te gebruik by die #Befree-jeugsentrum wat tans in Katutura gebou word. Die sentrum sal na verwagting amptelik in September vanjaar sy deure oopmaak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie