Geingob se luukse aftreehuis byna voltooi
Sowat N$32 miljoen is reeds aan die staatsgefinansierde luukse aftreehuis in Swakopmund van wyle president Hage Geingob bestee.
Die uitvoerende direkteur in die kantoor van die president, Mateus Kaholongo, het verlede week aan Network Media Hub (NMH) gesê dat die projek – waarvoor 'n begroting van N$36 miljoen toegeken is – tans 99% voltooi is.
Geingob, wat op 4 Februarie 2024 oorlede is ná 'n stryd teen kanker, het in 2023 persoonlik versoek dat sy aftreehuis op die kusdorp gebou word.
“Die besluit is in April 2023 geneem toe die ontslape president aan die rekenkundige beampte aangedui het hy verkies dat sy huis in Swakopmund gebou word,” het Kaholongo gesê.
Die Wet op Pensioen- en Ander Voordele van Voormalige Presidente van 2012 gee uitgaande staatshoofde die opsie om te kies tussen 'n gemeubileerde amptelike woning in Windhoek, 'n kontantuitbetaling, of 'n private woning wat namens hulle enige plek in Namibië gebou of verkry word.
Volgens die wet moet afgetrede presidente voorsien word van "'n gemeubileerde amptelike woning op enige plek in Windhoek of op versoek van die voormalige president in plaas daarvan 'n behuisingstoelaag soos deur die kabinet bepaal mag word, insluitend 'n toelaag vir telefoonuitgawes en water- en elektrisiteitskoste met betrekking tot 'n woning anders as 'n amptelike woning".
Ander regte sluit in 'n pensioen, voordele vir die eggenoot en afhanklikes, beskerming teen insolvensie, sowel as die vrystelling van inkomstebelasting. Die wet bepaal verder dat 'n voormalige president 'n maandelikse pensioen betaal moet word gelykstaande aan of groter as die maandelikse basiese salaris wat hy onmiddellik voor sy bedanking uit die amp ontvang het, of 80% van sy opvolger se salaris.
Dit bly egter onduidelik of salarisgekoppelde voordele steeds van toepassing is in gevalle waar die beoogde begunstigde te sterwe kom voordat die woning betrek kon word.
Volgens Kaholongo is ‘n argitek in Julie 2023 aangestel, met die tenderproses wat in Januarie 2024 begin het. Die oorhandiging van die terrein was in April 2024.
“Die praktiese voltooiingsdatum is toe vasgestel vir 23 April 2025. Die huis is tans sowat 99% voltooi.”
Wyle Geingob se huis, geleë in Swakopmund se welgestelde Vineta-woonbuurt, is geleë op 'n erf van 1 677 vierkante meter. Dit het vyf slaapkamers, 'n gastevleuel met drie slaapkamers, 'n studeerkamer, swembad, twee kamers vir wagte en 'n motorhuis vir vier voertuie soos in ooreenstemming met statutêre bepalings.
Die luukse huis sal ook verblyf vir personeel insluit – drie huiswerkers, twee tuiniers, twee kokke, twee kelners en twee wasserypersoneel.
Geingob is net 11 maande voor die einde van sy tweede en laaste termyn oorlede, wat op 21 Maart 2025 sou eindig.
Regskenner Norman Tjombe het intussen gesê die wet laat Geingob se erfgename toe om die woning te erf, aangesien hy dood is voordat hy dit betrek het.
“Die eiendom sal sy of haar [eggenoot] wees. Net soos wanneer hy of sy die kontantuitbetaling neem. Wanneer hy of sy nie meer daar is nie, sal die eiendom net soos enige ander eiendom waarvan hy of sy eienaarskap het, hanteer word: dit sal deur sy of haar erfgename geërf word,” het Tjombe gesê.
Sy weduwee, die voormalige presidentsvrou Monica Geingos, het nie aangedui of sy die Swakopmund-eiendom sal bewoon nie. Sy het egter beklemtoon dat die huis deel is van 'n boedel.
“Ek glo die presidensie is die gepaste kanaal om te reageer op wat betrekking het op die bepalings van die wet op die pensioen en ander voordele van voormalige presidente, aangesien die kwessie van voordele kragtens die genoemde wet onderskeibaar is van die planne vir 'n presidensiële sentrum,” het sy gesê.
“Ek wil graag Hage se bates, wat nou na die werkinge van 'n bestorwe boedel afgewentel het, met respek losmaak van die Presidensiële Sentrum, wat 'n afsonderlike kwessie is,” het Geingos bygevoeg.
Vroeër vanjaar het Geingos die bekendstelling van 'n Presidensiële Sentrum aangekondig om Geingob se nalatenskap te vereer. Die sentrum se raad sal onder voorsitterskap staan van die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, met Geingos as adjunk. Ander raadslede sluit in voormalige kabinetsekretaris George Simataa, voormalige presidensiële adviseur Inge Zaamwani, Geingob se oudste dogter Nangula, Carlos Lopez en Alfredo Hengari.
Volgens sy testament van Desember 2014, wat twee maande voor sy huwelik met Geingos onderteken is, het die oorlede president sy huis buite Windhoek, Casa Rosalia, sy belang in Hada Loha (die maatskappy wat sy plaas in die Grootfontein-distrik besit), sowel as sy vee en toerusting, aan die dr. Hage G. Geingob-familietrust nagelaat.
Geingob is die derde president wat 'n staatsgefinansierde aftreehuis ontvang. Die voormalige presidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba het ook voordeel getrek uit soortgelyke pakkette.
Verslae dui daarop dat meer as N$100 miljoen aan hul eiendomme bestee is, met Nujoma se huis wat na bewering meer as N$70 miljoen gekos het ná duur opknappings, en N$35 miljoen is toegeken vir Pohamba se huis in Windhoek se Auasblick-woonbuurt. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie