Pres. Hage Geingob lewer Woensdagmiddag sy staatsrede. Foto Argief
Pres. Hage Geingob lewer Woensdagmiddag sy staatsrede. Foto Argief

Geingob lewer môre se staatsrede

Pres. Hage Geingob lewer Woensdagmiddag om 14:30 sy 2022-staatsrede in die parlement.

Die staatsrede word jaarliks tydens die komiteefase van die begrotingsdebatte in die Nasionale Vergadering gelewer.

Die publiek moet kennis neem dat Robert Mugabe-rylaan en Lovestraat tussen 13:30 en 17:00 in die omgewing van die Parlementstuine vir verkeer gesluit sal wees.

Windhoekers moet hul ritte so beplan dat hulle daardie omgewing van die stad vermy.

Vanweë die Covid-19-regulasies sal die publiek nie toegelaat word om na die staatsrede in die openbare galery van die partementsgebou te luister nie.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer