Geen geld vir eenheid teen geldwassery
Namibië kan op swartlys beland
Die Finansiële Aksie-taakmag het gesê Namibië kan nie georganiseerde misdaad doeltreffend beveg as net sommige ondersoekagentskappe die mandaat het om geldwassery te ondersoek nie.
Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) vra vir meer geld om nuwe poste binne sy gespesialiseerde eenheid teen geldwassery, wat geldwassery sal ondersoek, te finansier.
Die ACC het N$116 miljoen vir die 2025-’26-boekjaar ontvang, ’n verhoging van 9,96% van die N$105 miljoen wat vir die 2024-’25-boekjaar toegeken is.
Die gespesialiseerde eenheid teen geldwassery is die sleutel om Namibië van die Finansiële Aksie-taakmag (FAFT) se gryslys af te kry.
Die ACC se direkteur-generaal, Paulus Noa, sê die begrotingstoekenning van N$116 miljoen is onvoldoende om nuutgeskepte poste vir die kommissie se gespesialiseerde eenheid teen geldwassery te finansier.
Noa het gister aan Network Media Hub (NMH) gesê Namibië het in 2023 grootskaalse regshervormings ondergaan ná ’n FAFT-evaluering.
“Namibië is op die gryslys geplaas en ons werk nou hard daaraan om van dié lys verwyder te word. As ons misluk, kan ons op die swartlys geplaas word en dit kan beleggersvertroue in Namibië ernstig benadeel.
“Een van die FAFT se bekommernisse is dat, voor 2023, instellings soos die ACC nie die regsmagte gehad het om geldwassery te ondersoek nie,” het Noa verduidelik.
Hy het verwys na die SME Bank-saak wat volgens hom “in wese vernietig is deur diegene wat in beheer was”.
“Tog het die ACC geen jurisdiksie gehad om die klagte van geldwassery na te jaag nie.
“Hierdie regsgaping het gelei tot die wysiging van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad wat die ACC die mag gee om geldwassery, net soos die Namibiese polisie, te ondersoek.
“Die FAFT het dit duidelik gemaak: Namibië kan nie georganiseerde misdaad doeltreffend beveg as net sommige ondersoekagentskappe daardie mandaat het terwyl ander nie het nie. Ek stem saam,” het Noa gesê.
Noa het opgemerk dat, as gevolg van die wysiging, nuwe poste binne die ACC geskep is om die eenheid teen geldwassery te stig.
Dis egter weens begrotingsbeperkings nog nie gefinansier nie.
“Ons het die kwessie onder die aandag van die ministerie van finansies se begrotingskomitee gebring aangesien die proses daar begin en nie by die parlement nie.
“Dis nie net salarisse nie. Jy het ook voertuie, toerusting en kantoorruimte nodig en dit kos alles geld. En ons het dit nie,” het Noa gesê.
Hoe is ons nou veronderstel om dit aan die assessors te verduidelik, het hy gevra.
“Hulle gaan vir opdaterings oor vordering met die implementering van die FAFT se aanbevelings vra. Hierdie is voorvereistes vir Namibië om van die gryslys verwyder te word,” het Noa gemaan.
Hy het ook kommer uitgespreek oor die ACC se verlies aan vaardige personeel aan instellings wat met beter hulpbronne toegerus is, soos die Namibiese Inkomsteagentskap (NamRA), die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) en die Bank of Namibia (BoN).
“Ons het reeds meer as 20 ondersoekers verloor. Hoekom? Omdat ons nie mededingende salarisse of voordele kan bied nie. Dit is die gevolg van chroniese onderfinansiering,” het hy gesê.
Die ACC het tans net vyf streekkantore – een in Windhoek; een op Oshakati wat die omliggende noordelike streke dek; een op Otjiwarongo vir Otjozondjupa en nabygeleë gebiede; een in Swakopmund vir die kus- en Kunenestreek en een op Rundu wat Kavango-Oos, Kavango-Wes en die Zambezistreek bedien.
“Namibië het 14 streke en almal dring aan op ’n streekkantoor, wat ’n regverdige en wettige versoek is. Ons moet al ons mense dien,” het Noa gesê.
Volgens hom wil die ACC sy bedrywighede uitbrei, maar die kommissie se begroting laat dit egter nie toe nie.
“Die toekenning is eenvoudig nie genoeg nie. Hierdie is werklike bekommernisse. Gaan kyk na die nasionale begroting. Wie is die instelling wat die minste gefinansier word? Dis die ACC en dit is onaanvaarbaar,” het Noa beklemtoon.
MEER KOMMISSARISSE
Volgens hom vra sommige mense dat die wet gewysig word om kommissarisse by te voeg wat soos ’n raad van direkteure funksioneer.
“My vraag is, hoe gaan jy daardie poste finansier as ons nie eens die ondersoekers kan bekostig wat nodig is om die kommissie doeltreffend te maak nie?
“Dis die eintlike kwessie. Ons het meer finansiering nodig om doeltreffend te wees en om ’n teenwoordigheid in alle streke te vestig.
“Elke streek verdien ’n ACC-kantoor waar mense korrupsie direk kan aanmeld. Dis wat die publiek verwag en dit is reg so. As een streek ’n kantoor kan kry, waarom nie die ander nie?” het hy gevra.
Op ’n vraag of die ACC se beroep op verhoogde finansiering te doen het met die opkomende Fishrot-verhoor, het Noa geantwoord die saak is reeds aan die kantoor van die aanklaer-generaal oorhandig.
“Die oomblik wanneer ons dit oorhandig, val die koste van vervolging onder die aanklaer-generaal se begroting, nie die ACC s’n nie.
“Die saak is aan ons kant afgehandel en ons het alles oorhandig. Nou kan daar moontlik geringe opdragte wees wat die kantoor van die aanklaer-generaal aan die ACC gee, maar dis ’n afsonderlike kwessie.
“So ver as wat die hoofondersoek strek, is ons klaar,” het Noa gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie