Die mynboukommissaris, Isabella Kandjii-Chirchir, en die omgewingskommissaris, Teofilus Nghitila.
Foto Augetto Graig
Die mynboukommissaris, Isabella Kandjii-Chirchir, en die omgewingskommissaris, Teofilus Nghitila. Foto Augetto Graig

Gebrek aan toesig oor mynbou, omgewing

Augetto Graig
Die regering ervaar uitdagings om die voorwaardes vir mynlisensies en vereistes vir omgewingsklaring te monitor en te handhaaf.

Die ministerie van myne en energie se beamptes is onder druk om gereeld groot lisensiegebiede te besoek en om verlate mynpersele te verminder.

Dit terwyl die omgewingskommissaris se kantoor slegs sewe beamptes het om te verseker dat daar aan omgewingsbestuursplanne en voorwaardes vir omgewingsklaringsertifikate voldoen word.

Dit volgens die omgewingskommissaris, Teofilus Nghitila, en die mynkommissaris, Isabelle Kandjii-Chirchir, wat gister voor die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne getuig het.

Die komitee het ’n openbare verhoor belê om die beweerde onwettige litiummynbou in die Daures-kiesafdeling te bespreek.

Die staatsamptenare wat teenwoordig was, het egter gesê die ontginning van litium in die Erongostreek is in orde.

Tjekero Tweya, die komiteevoorsitter, en Kletus Karondo, die voorsitter van die subkomitee oor myne en enegie, het amptenare van die ministerie van myne en energie en van die omgewing, bosbou en toerisme voor stok gekry oor die geldigheid van mynkleims, omgewingsklarings en die verwante toestemming wat nodig is vir die litiummynbedrywighede wat buite Uis voortduur.

Dr. Caroline !Garus-Oas, die adjunk-omgewingskommissaris, en Erasmus Shivolo, die voormalige mynboukommissaris – tans die adjunk- uitvoerende direkteur van myne en energie – het ook voor die komitee verskyn.

Shivolo sê kleinskaalse mynbouers wat kla dat groot maatskappye hulle persele afgevat het, het geen regte om daar te myn nie. Hy het Kandjii-Chirchir se stelling ondersteun dat die Chinese mynbouers Xinfeng Investments en sy plaaslike vennoot Long Fire Investments die reg het om litium in die Tsiseb-bewaringsgebied te ontgin.

Die omgewingsklaring is ook in orde, volgens Nghitila.

Xinfeng bedryf ’n oopgroefmyn op tien mynkleims toegeken aan Long Fire, wat die Daures Damen Tradisionele Owerheid verteenwoordig.

Kandjii-Chirchir het gesê beide Xinfeng se eksplorasielisensie EPL8397, en Long Fire se kleims binne dié EPL is steeds geldig.

Rakende die tekort aan mannekrag in die omgewingskommissaris se kantoor, brei Nghitila uit dat sowat 150 aansoeke om omgewingsklaring maandeliks ontvang word.

Die kantoor ontvang ook talle aansoeke sonder die nodige volledige impakstudies, wat dan gevolglik afgekeur word.

Nogtans is tot 376 aansoeke in die 2022-’23-boekjaar slegs vir die Erongostreek goedgekeur, terwyl 644 aansoeke landswyd ingedien is vir mynbou- en verwante projekte oor dieselfde tydperk.

Beide ministeries beoog om toepaslike wetgewing – spesifiek die wet op minerale en die wet op omgewingsbestuur, te wysig. Die nuwe wetsontwerp op minerale sal voorsiening maak vir ’n finansiële instrument om mynbouers te dwing om geld opsy te sit om vir die rehabilitasie van die mynperseel ná die voltooiing van ontginning te betaal.

Die wet op omgewingsbestuur moet aangepas word om ’n raad te vestig om omgewingspraktisyns te reguleer, volgens Nghitila.

Verder het Tweya hom sterk uitgespreek teen die onlangse verhoging van mynbou-verwante aansoektariewe. Volgens hom belemmer dit dat plaaslike belanghebbers deel van die mynbouproses word.

Hy het ’n beroep op Kandjii-Chirchir gedoen om hierdie koste te hersien. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%