No Image Caption

‘Elitistiese' spyskaart laat bitter smaak

'Net 'n voorstel, nie die finale opdrag nie'
Ná hulle onder kritiek deurgeloop het, het die regering sy plan geskrap om 'n beter, meer uitgebreide spyskaart slegs aan BBP's tydens volgende week se onafhanklikheidsvieringe te bedien.
Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula in Oshakati – Die regering het sy omstrede besluit laat vaar om meer en beter kos aan baie belangrike persone (BBP’s) – in vergelyking met gewone burgers – te bedien tydens die onafhanklikheidsvieringe wat volgende week vir Outapi beplan word.

Die twee spyskaarte word uiteengesit in ’n brief gedateer 27 Februarie – onder Staatshuis se briefhoof – wat gerig is aan die goewerneur van die Omusatistreek, Erginus Endjala. Hy dien as die voorsitter van die streek se voorbereidingskomitee wat opdrag gegee is om 12 maatskappye te huur om spysenieringsdienste by die geleentheid te verskaf.

Endjala het opdrag ontvang om 10 maatskappye te kry om die algemene publiek te bedien met aartappelslaai, botterskorsie, rys, gebraaide beesvleis en vis.

Hy het verder opdrag gekry om twee maatskappye te identifiseer om voorsiening vir die BBP’s te maak, wie se lys van kositems langer is – en miskien meer gesofistikeerd – as dié wat aan Jan Alleman bedien moet word.

Endjala is aangesê om spyseniers te vind om Griekse slaai, aartappelslaai, gestoomde wortels, botterskorsie, mieliepap, mahangupap, gebakte vis, gebraaide beesvleis en wildsbredie aan BBP’s te verskaf.

Die brief het sedertdien uitgelek en woede in die sosiale media ontlok – met baie mense wat teen die regering uitgevaar het vir sy “elitistiese neigings”.

NET EEN DAG

“Is dit regtig [so] moeilik vir hierdie mense om net vir een dag soos die gewone publiek op te tree en te eet?" het een persoon op Twitter gevra.

’n Ander het opgemerk: “Die publiek moet tot sy sinne kom – hulle is net belangrik wanneer dit verkiesingstyd is.”

Staatshuis wou nie verantwoordelikheid vir die brief aanvaar nie.

“Praat asseblief met George Simataa [by die kantoor van die eerste minister] wat die koördineerder van hierdie bedrywighede is,” het die perssekretaris, Alfredo Hengari, gesê.

Simataa, die kabinetsekretaris, het ook gesloer om vrae oor die aangeleentheid te beantwoord.

“Terwyl ek die voorsitter van die nasionale voorbereidingskomitee is, is daar ook voorsitters van verskeie subkomitees. Ek stel voor dat jy jou vrae aan die voorsitter van die spysenieringskomitee rig,” het hy gesê.

‘DIT WAS ’N VOORSTEL’

Endjala het Dinsdag gesê die brief oor die spyskaarte was ’n voorstel, nie die finale opdrag nie.

Hy het gesê as ’n komitee het hulle na die begroting gekyk en die spyskaart-opsies hersien.

Hy kon nie sê hoeveel vir die vieringe opsy gesit is nie, maar bygevoeg dat die finale bedrag teen vandag bekend sal wees.

“Ons het besef die voorstel was onrealisties. Die spyskaart is hersien en die publiek sal nou meer kos hê as die BBP’s,” het Endjala gesê.

Hy het glo verder aan die briefskrywers gesê in die Omusatistreek is die mense wat met busse aangery word om die geleentheid by te woon die “regte BBP’s”.

BEPERKTE FONDSE

Endjala het ook die platform gebruik om gerugte in die kiem te smoor dat hulle ’n begroting van N$10 miljoen het, wat volgens hom op sosiale media die rondte gedoen het.

“Ons is reeds beperk weens die [gebrek aan] fondse. Die persepsie dat daar soveel geld in die vieringe gepomp word, is nie waar nie. Terwyl ons praat, het ons gesukkel om ’n skraper te kry om die sand gelyk te maak by die plek waar die geleentheid gehou gaan word, want daar is nie geld nie.

“Ons het vandag [Dinsdag] een van [die Paaiekontrakteursmaatskappy] gekry wat uithelp,” het Endjala gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%