Een amptenaar, een voertuig
Die kommissie vir openbare ampsdraers het in die lig van die huidige begrotingsbeperkings en die onpraktiese aard van om te besluit watter voertuig vir watter reis gebruik gaan word, die regering se voertuigbeleid hersien.
Die aankoop van net ‘n viertrekvoertuig per ampsdraer geld voortaan en wat op beide teer- en grondpaaie gebruik kan word.
Dit is volgens die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, wat gesê het die skuif verwyder die dubbelgebruik van voertuie, verminder die grootte van die regeringsvloot en vereenvoudig logistiek.
Nekundi het dit beskryf as ‘n “‘n seldsame geval waar minder doen eintlik meer bereik”.
Die eenvoertuigbeleid verteenwoordig in vergelyking met die vorige toewysing van dubbelgebruik voertuie aansienlike besparings, verminderde aanvanklike kapitaaluitgawes, laer versekerings- en lisensiëringskoste, vereenvoudigde vlootbestuur, verminderde kompleksiteit van onderhoud en verbeterde beleid met die wegdoen van voertuie, het Nekundi gesê.
“Hierdie beginsels beklemtoon ons onwrikbare verbintenis tot fiskale versigtigheid en verkrygingsverantwoordbaarheid in alle regeringstransaksies. Ons soek nie die goedkoopste opsie nie, maar die beste waarde, 'n onderskeid wat versigtige rentmeesterskap skei van ‘penniewys, ponddwase’ besluitneming,” het hy verlede week gesê in reaksie op vrae deur die Popular Democratic Movement (PDM) se leier McHenry Venaani in die parlement gesê. Volgens Nekundi word die voertuigspesifikasies vir openbare ampsdraers deur die kommissie bepaal op grond van funksionele vereistes en fiskale realiteite.
“Gedurende die vorige termyn het die beleid sedanvoertuie vir stedelike gebruik toegeken met gedeelde viertrekvoertuie vir landelike gebruik en betrokkenheid by kiesafdelings,” het hy gesê.
In die lig van die huidige begrotingsbeperkings en die onpraktiese aard daarvan om ampsdraers te laat beraadslaag watter voertuig vir watter reis gebruik moet word, het die kommissie egter “die beleid verstandig hersien”.
Nekundi sê die nuwe reëls illustreer die regering se benadering tot die balansering van funksionele vereistes, fiskale verantwoordelikheid, veiligheidsopdragte en verpligtinge tot deursigtigheid.
VERNUWING VAN VLOOT
Hy het verduidelik dat voertuie vir die regering se algemene bedryfsvloot vir 'n maksimum van vyf jaar of 120 000 km in diens bly, watter een ook al eerste is.
“Nadat hierdie drempels bereik word, word voertuie deur middel van 'n openbare veiling van die hand gesit, onderhewig aan goedkeuring van die tesourie, wat deursigtigheid en optimale waardeherwinning vir die staat verseker,” het hy verduidelik.
Ingevolge die beleid vind die aanvulling van die vloot aan die begin van elke nuwe aanstellingstermyn plaas.
“Ampsdraers betaal maandeliks 1,5% van die voertuig se waarde dwarsdeur hul ampstermyn. Hulle behou die opsie om die voertuig wat aan hulle toegeken is aan die einde van hul termyn te koop een 'n jaarlikse waardeverminderingskoers van 20%, minus N$100 per elke 1 000 km. Voertuie wat nie deur ampsdraers gekoop word nie, word deur middel van 'n openbare veiling met goedkeuring van die tesourie van die hand gesit.”
Die minister het bevestig dat die ministerie van vervoer vroeër vanjaar 20 Toyota Land Cruiser Prado's vir die huidige termyn se vlootbehoeftes aangeskaf het.
Die totale uitgawes het N$24 miljoen vir die nuwe vloot beloop, afkomstig van die toewysing vir die bedryfsbegroting wat gedurende die vorige boekjaar goedgekeur is.
“Ek neem terloops kennis dat dit ongeveer N$1,2 miljoen per voertuig verteenwoordig, 'n syfer wat kontekstualisering teen die voertuigspesifikasies regverdig,” het hy bygevoeg.
PLIG
Nekundi het beklemtoon dat die aankoop van voertuie streng assessering vereis wat verder strek as net die aankoopprys.
“Ons aanspreeklikheidsraamwerk omvat duursaamheid oor verskeie operasionele omgewings, van die teerpaaie van Windhoek tot die sanderige paaie van die Zambez-streek, onderhoudsvereistes en beskikbaarheid van diensnetwerke oor al 14 streke, koste ná die siklus vir dienslewering, insluitend herverkoopwaarde en oorweging vir die wegdoen van die voertuig en ook veiligheid van die gebruiker wat steeds van die allergrootste belang is in ons verkrygingsbesluite.”
Volgens Nekundi dien die voertuie "ampsdraers oor die hele politieke spektrum, insluitend die leierskap van die amptelike opposisiel”.
“Veiligheid is nie 'n partydige of 'n luukse oorweging nie; dit is 'n fundamentele plig."
Na 'n deeglike oorsig van die verkrygingsproses het die minister gesê is die Land Cruiser Prado gekies op grond van bewese voordele en wel uitstekende duursaamheid oor uiteenlopende Afrika-terreintoestande, bekende betroubaarheid wat die tyd verminder wat die voertuig moontlik weens skade of meganiese probleme verminder, die doeltreffendheid in onderhoudskoste tydens die voertuig se operasionele lewensiklus asook die beskikbaarheid van dienste oraloor Namibië se streke, wat 'n kritieke oorweging gegewe die land se geografiese verspreiding was.
“Hoewel sommige die aanvanklike kapitaaluitgawe mag bevraagteken, is die ware maatstaf van waarde nie in die aankoopprys nie, maar in die totale koste van eienaarskap. ’n Goedkoper voertuig wat die helfte van sy dienslewe onder herstel deurbring, verteenwoordig ’n valse ekonomie, ’n les wat die regering soms deur duur ervaring geleer het,” het Nekundi gesê. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie