FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

ECN soek (jou) voertuie

Elizabeth Kheibes
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het ’n openbare kennisgewing uitgereik waarin Jan Publiek en diensverskaffers uitgenooi word om voertuie en noodsaaklike logistieke items te verskaf vir gebruik tydens die streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings volgende maand.

Die ECN wil ook kragopwekkers, opvoutafels, plastiekstoele, safari- en seiltente, verlengingskoorde, beligtingstoerusting en draagbare toilette huur om verkiesingsbedrywighede in al 14 streke te ondersteun.

Die ECN het gesê die uitnodiging bevorder openbare deelname en samewerking om deursigtige en geloofwaardige verkiesings te verseker.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer