Gay rights
Gay rights

Binnelandse sake pas hofbevel toe

Selfdegeslag-gades ontvang domisilie
Daniel Digashu, wat suksesvol in die hooggeregshof vir die reg van selfdegeslaghuwelike in Namibië baklei het, het gesê doeanebeamptes behandel hom nou dieselfde as heteroseksuele mense.
Jemima Beukes
Jemima Beukes - Om gehoor te gee aan ’n uitspraak van die hooggeregshof in Mei oor die erkenning van selfdegeslaghuwelike wat in die buiteland voltrek is, het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit begin om domisilie en ander verwante permitte aan buitelandse gades wat met Namibiërs getroud is, uit te reik.

Sedert die ministerie aangedui het dat hy die hofbevel sal nakom, is die ministerie onder druk van lede van die publiek wat teen selfdegeslaghuwelike gekant is, sowel as Swapo wat gepoog het om die hof se beslissing te systap deur die woord “gade” in die Immigrasiebeheerwet te herdefinieer.

Dit verduidelik moontlik waarom beamptes, insluitend die uitvoerende direkteur, Etienne Maritz, nie op navrae gereageer het oor die ministerie wat nou die permitte uitreik nie.

Die situasie is vererger toe die parlement in Julie vanjaar anti-gay wette goedgekeur het, wat deur die voormalige minister van binnelandse sake, Jerry Ekandjo, geïnisieer is as teenvoeter vir die hofbevel.

President Hage Geingob sal na verwagting nadat hy raad van die prokureur-generaal ontvang het, ’n besluit neem om die anti-gay wette te onderteken.

Terwyl sommige paartjies hulle permitte die afgelope weke ontvang het, is daar steeds dié wat wag dat hulle s’n goedgekeur word. Die wat op die waglys is, het egter aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê hulle is “nie bekommerd nie” en is vol vertroue dat hulle die nodige dokumentasie sal kry.

Daniel Digashu, wat suksesvol in die hooggeregshof vir die reg van selfdegeslaghuwelike in Namibië baklei het, het gesê doeanebeamptes behandel hom nou dieselfde as heteroseksuele mense.

Hy het bygevoeg dat ’n kennisgewing van binnelandse sake – waarin die ministerie sy personeel aansê om hulle daarvan te weerhou om buitelandse gades wat met Namibiërs getroud is in selfdegeslaghuwelike en hul afhanklike kinders te versoek om enige tipe permit vir hul toegang tot Namibië te verskaf – deur amptenare gehandhaaf is.

“Ek het die vorige keer probleme ondervind toe ek ’n besoekersvisum gekry het, ten spyte van die hooggeregshof se bevel. Toe ek egter hierdie week terugkeer, het ek ’n ronde stempel gekry, wat ek dink hulle manier moet wees om die hofbevel te respekteer.

“Ek het die ministeriële kennisgewing as deel van my reisdokumente gebruik. Ek dink dit kon moontlik ook gehelp het,” het Digashu gesê.

Die minister van binnelandse sake, Albert Kawana, het nie op vrae gereageer oor die ministerie se jongste uitreiking van permitte aan buitelandse gades van dieselfde geslag nie.

In Junie het Kawana hom die kritiek van Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, op die hals gehaal vir sy plan om aan die hofbevel se vereistes te voldoen, terwyl die nasie “in opstand” teen selfdegeslaghuwelike is.

“Hoekom het jy ’n openbare kennisgewing uitgereik oor die immorele kwessie – wat die bevolking verwerp – tog is daar so baie sake wat die ministerie in die hof verloor, maar jy het nooit sulke kennisgewings uitgereik nie?” het Shaningwa in die parlement aan Kawana gevra.

Die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo, het Vrydag gesê sy kan eers ná die naweek op vrae reageer.

“Ek sal oor die selfdegeslag-vraag opvolg, ek is tans nie in die kantoor nie. In Julie het ek jou persoonlik gebel en vir jou gesê daar is nog geen aansoeke [vir hierdie permitte] ontvang nie,” het Kalo gesê.

Carli Schickerling, die regsverteenwoordiger van een van die paartjies wat in Mei in die hooggeregshof gewen het, sê haar kliënte wag nog op kommunikasie van die ministerie oor hul aansoek vir domisilie.

“Ons is glad nie bekommerd hieroor nie. Hulle het vir ons gesê dit kan tussen ses tot 12 maande neem,” het sy gesê.

Intussen het Florian Beukes van Metcalfe and Beukes Attorneys gesê hulle wag op kliënte wat in die proses is om in Suid-Afrika te trou en wat dan sal terugkeer om hul huwelike in Namibië te registreer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%