BIG-kwessie bo politiek
Itula se somme glo verkeerd
Koalisie vra vir 'n bespreking oor die werklike koste en voordele van 'n universele inkomstetoelaag
Voorstanders van die universele basiese inkomstetoelaag, beter bekend as BIG, eis dat politieke partye moet sê hoe hulle Namibië in ’n meer regverdige samelewing gaan omskep.
Die jongste vrystelling wat Rinaani Musutua, die woordvoerder van die BIG-koalisie, verlede week uitgereik het, volg op uitlatings van die president van die Independent Patriots for Change (IPC), dr. Panduleni Itula, met betrekking tot die bekostigbaar van die toelaag.
Die All People’s Party (APP) is die enigste politieke party wat tot dusver hul steun uitgespreek het vir die veldtog van 15 jaar om Namibiërs elke maand iets in hul sak te gee.
Musutua verwerp Itula se berekening dat die toelaag die land N$42,4 miljard oor ’n jaar sal kos, meer as 40% van Namibië se nasionale begroting.
“Ons wil daarop wys dat Itula se berekening eenvoudig verkeerd is,” skryf sy en sê die politikus neem nie die toelaag se impak op kostevermindering in ag nie.
Eerstens sal ryk begunstigdes van die toelaag hul uitbetaling deur belasting moet terugbetaal en tweedens vra BIG vir slegs N$500 per kwalifiserende burger elke maand, en nie N$1 180 soos in die IPC-leier se berekeninge nie.
Begunstigdes van huidige welsynstoelaes word ook van sy berekening uitgesluit, wat uiteindelik 2,1 miljoen mense insluit, om by staatskoste van N$12,6 miljard per maand uit te kom, brei sy uit.
Aangesien die geld binne die plaaslike ekonomie bly, trek
Musutua verder 15% af aangesien die geld binne die plaaslike ekonomie bly, wat van die gevolglike verhoging in belasting op toegevoegde waarde verhaal word.
Sy sê die eindresultaat teen N$10,7 miljard is beduidend as die land se verwagte bruto binnelandse produk vir 2025-’26 in ag geneem word, maar is steeds haalbaar.
Boonop sal die toelaag ander koste help bespaar, byvoorbeeld deur onderwys- en gesondheidskoste wat deur wydverspreide armoede veroorsaak word, te bekamp.
Sy haal die Alliansie vir Voeding- en Voedselsekerheid in Namibië se 2022-verslag aan oor die koste van hongersnood in Namibië, dat verdwerging alleen die land jaarliks N$1,1 miljard kos.
Sy noem BIG, wat deur die Namibiese Belastingkonsortium (Namtax) in 2002 voorgestel is, as ’n manier om die belastingbasis uit te brei.
“In die bespreking oor die BIG-kwessie word dit dikwels oor die hoof gesien dat ’n universele basiese inkomstetoelaag ’n reusestimulus vir die plaaslike ekonomie sou wees,” skryf sy.
Musutua sê die koalisie stem saam dat die veldtog vir BIG nie vir goedkoop politieke gewin misbruik moet word nie, maar vra vir ’n feitelike en eerlike debat oor die koste en voordele van die toelaag.
Meer as die helfte van die Namibiese bevolking ly honger, met 58% wat nie voedselsekerheid geniet nie, volgens die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) se onlangse verklaring, ’n toename van die 53% wat in ’n soortgelyke opname in 2014 gevind is.
Ongelykheid aangedui deur ’n Gini-koëffisiënt van 59,1 is die tweede ergste ter wêreld.
Die Wêreldbank sê 64% van Namibiërs kan nie die basiese benodigdhede bekostig nie en leef in armoede, en jeugwerkloosheid staan op 50%.
Kinders in Kavango-Oos is die armste, met 8 uit 10 wat in armoede leef, gevolg deur minderjariges in Kunene en Zambezi, wys sy uit, met verwysing na navorsing wat aandui dat Kunene se kinders nie 7 uit 11 nodige aanwysers vir ’n gesonde lewe kortkom. Altesaam 93,4% van Khoisan-sprekende Namibiërs leef in armoede.
“Monetêre armoede is geneig om werklike vlakke van armoede te onderskat,” skryf sy.
Tog gaan BIG nie oor liefdadigheid nie, hou sy vol.
“BIG verteenwoordig ’n deel van ons land se hulpbronne. BIG is nie ’n daad van liefdadigheid nie.
“Dit is ’n mensereg. Die regering het ’n morele verpligting om sy burgers te beskerm,” voer Musutua aan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie