Bevolking bereik 3 miljoen-kerf

Voorlopige sensusverslag vrygestel
Namibië se bevolking groei met 114% sedert onafhanklikwording.
Ogone Tlhage – Namibië se bevolking het sedert onafhanklikwording met meer as 100% gegroei, terwyl voorlopige sensusdata toon dat bevolkingsgroei in stedelike gebiede moontlik die plattelandse bevolkingsgroei in komende jare sal oorskry.

Dit volg op gister se vrystelling van die voorlopige sensussyfers deur die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, wat toon dat die totale bevolking nou op 3 022 401 staan, wat op ’n toename van 114,4% oor ’n tydperk van 32 jaar dui.

“Ons het die 3 miljoen-kerf bereik. In 1991 was ons 1,4 miljoen, in 2001 1,8 miljoen, en in 2011 was ons 2,1 miljoen en nou is ons 3 miljoen,” het hy gesê.

Shimuafeni het gesê die Kavango-Oosstreek het aansienlike bevolkingsgroei van 59,6% getoon, gevolg deur Erongo met ’n groeikoers van 59,3% en die Zambezistreek met 53,9%.

“Die Erongostreek het gegroei, miskien was dit te wagte gewees aangesien mense vir werk na die kus stroom,” het hy gesê.

Die data toon ook dat die bevolking in stedelike gebiede met 65,5% tussen die 2011- en 2023-sensusopnames toegeneem het, terwyl dié in landelike gebiede met 26,3% tussen die twee sensusjare gestyg het.

Die gaping tussen die stedelike en landelike bevolkings is ook besig om vinnig te krimp, aangesien die verskil 25,3% in 2011 was vergeleke met 2,1% in 2023.

Die syfers toon dat daar in 2023 meer vroue as mans in stedelike én landelike gebiede was. Sensusdata toon ook dat daar tans 1 548 177 vroue is, teenoor 1 474 224 mans; die verskil is soortgelyk aan 2011 se sensussyfers.

Die tendens is soortgelyk op streekvlak, behalwe vir ||Kharas, Erongo, Hardap, Kunene en Otjozondjupa, wat effens meer mans as vroue aangeteken het.

’n Beduidende aantal mans (52,8%) is in die Omahekestreek aangeteken in vergelyking met vroue (47,2%).

Altesaam 71,1% van die bevolking is jonger as 35 jaar, 37% is tussen 0 en 14, 34,1% tussen 15 en 34, 56,1% tussen 15 en 59, terwyl 6,8% van die bevolking ouer as 60 is.

Shimuafeni het gesê daar is geen rede tot kommer met betrekking tot ’n toekomstige arbeidsmag vir Namibië nie.

“Vir die politieke leiers, ons het mense om die land in die toekoms te bestuur,” het hy gesê.

Die aantal huishoudings het op 756 339 gestaan, wat ’n toename van 62,7% is sedert die 2011-sensus toe slegs 464 839 aangeteken is.

In 2023 was daar gemiddeld 3,8 persone per huishouding; ’n afname vanaf 4,4 persone per huishouding wat in 2011 aangeteken is.

BEVOLKING PER STREEK

Die Ohangwenastreek is die mees digbevolkte gebied met ’n gemiddeld van 31,5 inwoners per vierkante meter (m2), gevolg deur Oshana met ’n bevolkingsdigtheid van 26,7 inwoners per m2.

Aan die ander kant is die ||Kharasstreek die mees ylbevolkte streek, met ’n bevolkingsdigtheid van 0,7 inwoners per m2.

’n Streekverdeling toon dat die Khomasstreek die meeste aantal inwoners per streek het, met altesaam 494 605 inwoners, terwyl die Omahekestreek die laagste aantal inwoners per streek het, met 102 881.

Die Ohangwenastreek is tweede met 337 729 inwoners, gevolg deur die Omusatistreek met 316 671, Oshikoto 257 302, Erongo 240 206, Oshana 230 801 en die Otjozondjupastreek met 220 811 inwoners.

Streke met die minste inwoners sluit in die Kavango-Oosstreek met slegs 218 421 inwoners, die Zambezi 142 373, Kavango-Wes 123 226, ||Kharas 109 898, Kunene 120 762 en die Hardapstreek 106 680 met inwoners.

Die finale sensusverslag sal na verwagting volgende jaar Oktober saam met ’n arbeidsmagverslag vrygestel word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.14/OZ DOWN -0.0142 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0305 | Zinc US$ 2 870.50/T DOWN -1.37% | Brent Crude Oil US$ 85.95/BBP DOWN -0.0243 | Platinum US$ 949.07/OZ DOWN -0.0003 Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.14/OZ DOWN -0.0142 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0305 | Zinc US$ 2 870.50/T DOWN -1.37% | Brent Crude Oil US$ 85.95/BBP DOWN -0.0243 | Platinum US$ 949.07/OZ DOWN -0.0003