‘Apartheid lei tot armoede, ongelykheid’
Kuugongelwa-Amadhila brei uit oor ontwikkelingsbeleide
Die eerste minister het die 75ste herdenking van die Universele Verklaring van Menseregte in Genève, Switserland, bygewoon.
Ellanie Smit - Namibië worstel met hoë armoedesyfers en ongelykhede wat ’n nagevolg van die diskriminerende apartheidsbeleid is. Dit volgens die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila.
Sy het hierdie opmerkings gemaak by ’n hoëvlakgeleentheid ter viering van die 75ste herdenking van die Universele Verklaring van Menseregte wat in Genève, Switserland, gehou is tydens ’n gesprek oor die toekoms van menseregte, ekonomieë en ontwikkeling.
Kuugongelwa-Amadhila het gesê dat ’n menigte uitdagings – soos wisselkoers- en markonbestendigheid, skuldvolhoubaarheid, kredietgraderings, geopolitieke faktore en toegang tot finansiële instrumente en inligting – tans steeds toegang tot globale kapitaalmarkte belemmer.
Sy het gesê die voorwaardelikheid van lenings belemmer steeds menslike ontwikkeling weens die oppervlakkige aanwysers wat nie mens-gesentreerd is nie.
“Namibië se situasie is ’n voorbeeld waar die land weens sy klassifikasie as ’n hoër-middelinkomsteland beperkte toegang tot ontwikkelingshulp in terme van toelaes en sagte lenings het.”
Volgens die eerste minister moet ontwikkelingsbeleide gesentreer wees rondom die eerbiediging, beskerming en bevordering van menseregte en ekonomiese besluitneming moet op oorwegings van menseregte gegrond wees.
Sy het gesê Namibië se ontwikkelingsbeleide bevorder volhoubare ontwikkeling deur te verseker dat ekonomiese vooruitgang bereik word deur ’n balans tussen maatskaplike ontwikkeling en ekonomiese groei te bewerkstellig.
Kuugongelwa-Amadhila het gesê die maatskaplike sektor ontvang die grootste deel van hierdie finansiële jaar se begroting (53%) om voorsiening te maak vir verbeterde optrede ten opsigte van onderwys, geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, gesondheid en maatskaplike dienste, jeug en sport.
Sy het gesê dat Namibië – as een van die lande met ’n hoë ongelykheidsgaping – die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) ontwikkel het as ’n beleidsinstrument om ongelykheid in terme van welvaart te takel.
“Ons het ook ’n aksieplan aanvaar om ernstige ongelykhede in grondbesit aan te pak en te verseker dat voorheen benadeelde persone ekonomies bemagtig word om hul lewensbestaan te verbeter.”
Sy het bygevoeg daar is belastinghervormingsinisiatiewe aan die gang wat daarop gemik is om die nakoming van belastingverpligtinge te verbeter en bestuur van die natuurlikehulpbronsektor te versterk.
Kuugongelwa-Amadhila het ook gesê om geslagsongelykhede die hoof te bied, het die land beleide aangeneem om billike toegang tot hulpbronne en geleenthede vir mans en vroue te bevorder, geweld teen vroue en kinders te bekamp en jong meisies te bemagtig.
“Om gedeelde welvaart en uitskakeling van ongelykhede binne lande en tussen lande te verseker, moet multilaterale stelsels inklusief wees en op ’n billike wyse bedryf word, met die aanvaarde beginsels wat op ’n regverdige en konsekwente wyse toegepas word.”
Sy het gesê die inkonsekwente toepassing van internasionaal ooreengekome beginsels knou vertroue in die stelsels, wat dit ondoeltreffend laat om konflikte met nadelige gevolge vir die samelewing te voorkom en op te los.
Sy het gesê multilaterale stelsels moet ook die beginsels van die volhoubare verdeling van natuurlike hulpbronne bevorder om die regverdige en billike verdeling van voordele wat voortspruit uit die internasionale handel, ontginning van natuurlike hulpbronne, biologiese diversiteit, genetiese hulpbronne en tradisionele kennis, te verseker.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie