‘Beleid oor plaaslike inhoud moet nie nog ’n Fishrot skep’
Só waarsku oudminister Alweendo
Die voormalige minister van myne en energie, Tom Alweendo, wat wyd beskou word as die ideologiese argitek van Namibië se nasionale konsepbeleid oor plaaslike inhoud vir die ontluikende oliebedryf, het die inisiatief onderskryf.
Hy het egter gewaarsku die integriteit van die inisiatief moet streng beheer word om ’n herhaling van die Fishrot-skandaal te voorkom.
Alweendo, onder wie se leiding die beleid opgestel is, het dit beskryf as ’n “noodsaaklike, reëlgebaseerde instrument” om te verseker die welvaart wat uit die Namibië se olie- en gasbedryf gegenereer word gewone burgers bevoordeel eerder as net polities-verwante elite.
Sy kommentaar volg op waarskuwings deur die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing (EPRA), wat bekommerd is dat die raamwerk die slagoffer van elite-kaping kan word.
Terwyl hy die risiko erken, het Alweendo volgehou dat die konsepbeleid reeds waarborge bevat, maar het die noodsaaklikheid beklemtoon om dit te versterk voor die beleid gefinaliseer word.
“Die risiko is ’n werklikheid en dit is presies wat die konsepbeleid probeer voorkom. Implementering sal deurslaggewend wees,” het hy gesê.
“Ons benodig integriteitstoetse, deursigtige verkryging, om werklik vermoëns te toets en streng sanksies.”
Die konsepbeleid, wat tans onder openbare raadpleging is, prioritiseer plaaslike deelname aan goedere en dienste, werkverskaffing, opleiding, die oordrag van tegnologie, die groei van klein- en mediumgrootte ondernemings (SME’s) en plaaslike ekwiteitsfinansiering.
Die konsepbeleid vereis dat operateurs meetbare planne vir plaaslike inhoud en periodieke verslae indien, oudits ondergaan en sanksies vir nie-nakoming in die gesig staar. Dit vereis ook die openbaarmaking van begunstigde eienaarskap en verbied reëlings wat net vir “vensterversiering” is.
INTEGRITEIT ‘ONONDERHANDELBAAR’
EPRA het die konsepbeleid gekritiseer omdat dit fokus op voorheen benadeelde Namibiërs eerder as diegene wat tans benadeel word – ’n onderskeid wat volgens hulle voordele na diegene kan herlei wat reeds welgesteld en polities-verbind is.
In reaksie hierop het Alweendo – wat tot Maart vanjaar as die minister van myne en energie gedien het – gevra vir ononderhandelbare integriteit en geskiktheidstandaarde.
Verklarings van begunstigde eienaarskap, het hy gesê, moet behoorlik geverifieer word, met maatreëls in plek vir botsing van belange en die keuring van polities-blootgestelde persone. Enige wanvoorstelling behoort te lei tot diskwalifikasie, om op ’n swartlys geplaas te word en, indien nodig, die beëindiging van die kontrak, het hy aangevoer.
Hy het beklemtoon plaaslike deelname moet verder as net symboliese waarde strek.
“Deelname moet betekenisvol wees. Bieërs moet plaaslike vermoëns (in-country capability) demonstreer, insluitend mense, geriewe en kwaliteitstelsels.”
“Rolle slegs vir agentskappe moet beperk word waar geen werklike waarde toegevoeg word nie,” het hy aan Network Media Hub (NMH) gesê.
Om geleenthede uit te brei, het Alweendo voorgestel om groot kontrakte te verdeel sodat SME’s kan meeding, terwyl geteikende geleenthede geskep word vir besighede wat deur die jeug en vroue besit en deur verskaffersontwikkeling gerugsteun word.
Hy het ook vir “radikale deursigtigheid” gevra, insluitend die publikasie van alle kontraktoekennings bo ’n sekere drempel, met besonderhede oor omvang, waarde en tellings vir plaaslike inhoud.
Dit, het hy gesê, moet ondersteun word deur ’n deursigtige verskaffersregister en ’n intydse moniteringstelsel vir plaaslike besteding, werkskepping, opleiding en die oordrag van tegnologie.
Vaardigheids- en tegnologiestelsels moet ook ingewortel word, het hy bygevoeg, met vakleerlingskappe en beurse wat aan plasings- en retensieteikens, formele ooreenkomste vir die oodrag van kennis en gefaseerde lokaliseringsplanne vir kritieke tegniese en bestuursrolle gekoppel is.
Alweendo het verder gesê inklusiwiteit moet die kernfokus bly en gewaarsku dat voordele die tans benadeeldes moet bereik eerder as om bestaande voorregte te verskans.
Hy het ook ’n onafhanklike toesigpaneel met verskeie belanghebbendes voorgestel om toekennings van hoë waarde te hersien, klagtes aan te hoor en regstellende stappe aan te beveel.
“Namibiërs is reg om ’n beleid te eis wat groei en werk bevorder en skoon is,” het hy gesê.
“Met hierdie voorsorgmaatreëls bied die konsepbeleid werkbare steierwerk om beide ‘Fishrot’ en ‘Oilrot’ te vermy en om ’n bedryf te bou wat die menigte dien, nie net diegene in die minderheid nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie