No Image Caption

Suidwestelike China steier onder vloede

Francoise Steynberg
Die Duliurivier in Rongjiang in die bergagtigte Guizhou-provinsie in suidwestelike China het oorstroom met erge vloede wat ervaar word nadat rekordreënvalsyfers die afgelope week aangeteken is. Watervlakke in die stad is 'n verstommende 11 meter bo normale vlakke en 50% van die stad is steeds onder water. Meer as 80 000 inwoners moes ontruim en nóg storms word deur die staatsweerdienste voorspel. Foto Facebook/Jim Yang

Kommentaar

Republikein 2025-12-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer