#PAS IN: Storm verwoes huise, skole
Tuyeimo Haidula - 'n Swaar storm het sowat 400 huise in die Onepandaulo-nedersetting in die Endola-kiesafdeling in Ohangwena verwoes. Verskeie sinkdakke het onder meer afgewaai, terwyl besittings en toerusting ook deur die reën en hewige wind verwoes is. Die raadslid vir die Endola-kiesafdeling Ferdinand Shifidi sê verskeie nedersettings in die omgewing sal besoek word om die omvang van die skade te bepaal. I-Ben Nashandi, hoofman van die Iikokola-nedersetting, sê net hier is 50 huise vernietig, terwyl skole en 'n plaaslike winkel ook erg beskadig is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie