• Tuisblad
  • Rampe
  • Namibiese Nooddienste-instituut pleit vir padveiligheid
Afgevaardigdes by die algemene kongres van die Namibiese Nooddienste-instituut (Nesi). Foto verskaf
Afgevaardigdes by die algemene kongres van die Namibiese Nooddienste-instituut (Nesi). Foto verskaf

Namibiese Nooddienste-instituut pleit vir padveiligheid

Francoise Steynberg
Namibiese Nooddienste-instituut (Nesi) maan alle padgebruikers om tydens die feestyd versigtig te wees en alle nodige voorkomende maatreëls moet tref om padongelukke te vermy.

Nesi is 'n vrywillige vereniging wat plaaslike owerhede se nooddienste regoor die land verteenwoordig. Dit werk as aanvulling op nasionale pogings wat daarop gemik is om voorbereiding, koördinering en diensuitnemendheid binne plaaslike owerhede se brandweerdienste te versterk.

Nesi het tydens sy onlangse algemene kongres in Windhoek nuwe leierskap demokraties verkies om vir die tydperk van drie jaar te dien. Die kongres het afgevaardigdes van oraloor plaaslike owerhede se brandweereenhede byeen gebring om oor die organisasie se mandaat te besin, die vordering wat gemaak is te bespreek en te hersien en 'n strategiese pad vorentoe uit te stippel.

Na 'n deursigtige en inklusiewe verkiesingsproses is die volgende ampsdraers verkies: Frederika Shigwedha as president, die visepresident is Efraim Kathindi, sekretaris-generaal Dirk Cloete en die tesourier is Sam Mathew. Bykomende lede is Raymond Kapia, Kupaha Uazukuani, Daniel Pavaza, Cornelius Matomola, David Dennis, Alexander Maketo en Hafeni Mbango.

In haar aanvaardingstoespraak as nuwe president van Nesi, Shigwedha, haar dank uitgespreek teenoor die afgevaardigdes vir die vertroue wat getoon is en die leierskap se verbintenis herbevestig tot die bevordering van professionele standaarde en die ondersteuning van nasionale pogings om nood- en rampverminderingstrategieë te versterk.

“Soos ons vorentoe beweeg, sal ons prioriteit wees om sigbaarheid te verbeter, koördinasie te verbeter en ons noodpersoneel in die voorste linie te bemagtig wat gemeenskappe met toewyding en moed bly dien,” het sy gesê.

Nesi wens alle Namibiërs 'n veilige en gelukkige feestyd toe.

Kommentaar

Republikein 2026-02-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer