Mag jy met biltong of droëwors reis?
Biltong, droëwors en chilli-happies word ingevolge Namibië se beperkings rakende bek-en-klouseer (BKS) as rou vleis beskou.
Alhoewel dit gedroog of verwerk is, is dit nie gaargemaak nie. Koudgerookte vleis is ook onderhewig aan beperkings indien dit nie deurgaans verhit is nie. Gaar, verwerkte vleis – soos polonie, Weense worsies en ingemaakte vleis – mag vrylik deur die land vervoer word.
• ||Kharas: Geen diereprodukte mag na of van plase, of uit die streek self, vervoer word nie.
• Zambezi: Rou diereprodukte mag nie die streek ingebring, daaruit verwyder of binne die streek self vervoer word nie.
• Suid van die veterinêre kordonheining (buiten in ||Kharas): Jy moet oor bewys van die vleis se oorsprong of ’n aankoopbewys beskik.
• Oor die veterinêre kordonheining: Vleis mag nie van suid na noord vervoer word nie.
Let wel: Beamptes mag by padblokkades produkte konfiskeer wat nie aan die beperkings voldoen nie.
Indien jy onseker is of jy met ’n spesifieke vleisproduk mag reis, kontak jou staatsveearts voordat jy vertrek, of raadpleeg die “Can I move this”-gids by https://www.fmdsupportfund.com/.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie