Die emosionele tol van bek-en-klouseer op boere
Bek-en-klouseer (BKS) eis meer as net ’n ekonomiese tol op boere en hul gesinne. Aangesien diere nie verkoop kan word nie, rekeninge steeds opdaag en hul lewensbestaan bedreig word, kan die onsekerheid oorweldigend vir boere raak. Vir baie families verteenwoordig hul kuddes geslagte se harde werk; daarom is die verlies aan inkomste en die bedreiging vir die toekoms van hul plase ’n uiters persoonlike saak. Die impak raak ook plaaswerkers en personeel by abattoirs en slaghuise, van wie baie werksure en inkomste verloor.
Om bekommerd, kwaad, uitgeput of gevoelloos te voel, is ’n normale reaksie op ’n abnormale situasie. Dit is nie ’n teken van swakheid nie. Praat met iemand wat jy vertrou – ’n lewensmaat, vriend, familielid, buurman of kollega. Wees eerlik, reik vroegtydig uit en hou aan praat. Om ondersteuning te vra, kan help om die las ligter te maak.
Besoek https://www.fmdsupportfund.com/ vir meer inligting.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie