Beseerde olifant by Sonderkop gekiek
Deernis gee hoop
Namibiese toeroperateur van Magic Destinations, Yvonne von Holtz, het \'n beseerde olifant met ernstige brandwonde aan sy bene by die Sonderkop-watergat in die Etosha Nasionale Park gesien en by parkowerhede aangemeld en hul reaksie het haar hoop gegee.
"Baie mense het gevra hoe dit met hom gaan. Ek weet nie, maar kort nadat ek dit gesien het, het ek dit by [veearts] dr. Simone Herzog aangemeld, wat dadelik gereageer het. Ek het ook die natuurbewaarder by die hek ingelig toe ek die park verlaat het. Sy het dadelik iemand gebel terwyl ek nog in die ry was. Toe ek aanbied om my motor te skuif sodat ander kon verbygaan, het sy gesê dit is belangriker, wat my eerlikwaar laat glimlag het," het Von Holtz Saterdag gesê.
Die volgende oggend toe die toergroep weer die park binnegaan, het Von Holtz die natuurbewaarder aan diens gevra oor die olifant se toestand.
"Sy reaksie was so bemoedigend. Hy was werklik bly dat ek teruggekeer het en gevra of ek foto\'s van die olifant het. Toe ek hom [die foto\'s] wys, het hy op die wond ingezoem terwyl hy met \'n kollega op die telefoon was en dit in fyn besonderhede beskryf."
Von Holtz sê die mense op die grond gee om: "Hul deernis gee my hoop, nie net vir hierdie olifant nie, maar vir elke dier wat in die vuur seergekry het."
Sy sê dit was nie die safari wat sy haarself voorgestel het nie. "Waar eindelose savanne en bosse eens gestrek het, het ons amper niks anders as verkoolde grond gevind nie. Die westelike deel van Etosha is heeltemal afgebrand, was \'n spookagtige gesig en dit was hartverskeurend.
Von Holtz het verwag dat die wildlewe na die oorblywende grasvelde sou vlug en die westelike deel leeg en stil sou laat. "Maar ek was verkeerd. Die watergate in die uitgebrande weste het oorgeloop van lewe. . . olifante, wildsbokke, sebras, leeus en nog meer, almal bymekaar asof hulle aan oorlewing vasklou en die vernietiging rondom hulle trotseer."
Die totale gebied wat in die park gebrand het, is Donderdag amptelik deur die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Indileni Daniel, bevestig as 853 946 hektaar wat 38% van die park beslaan.
Sy het gesê tot dusver het die brand die lewens van een olifant, ses springbokke en drie duikers geëis.
“Met die brande binne die park wat nou onder beheer en geblus is, het ons vanaf Woensdag drie veeartse ontplooi om enige beseerde wild te assesseer en te versorg.
“Ons monitor die watergate en belangrike dierekorridors noukeurig vir tekens van nood en ons doen \'n beroep op alle besoekers om waarnemings van beseerde diere aan parkbestuur te rapporteer vir onmiddellike reaksie,” het Daniel gesê.
Adjunk- uitvoerende direkteur Colgar Sikopo het gesê hy is nie bekommerd oor die tydsberekening van die brand nie, maar sê die enorme gebied van 38% van die park wat gebrand het, is ‘n probleem. “As dit in Mei of Junie gebrand het, sou dit ‘n ramp gewees het. As dit binnekort begin reën, sal die gras weer groei en in November diere na die gebrande gebiede teruglok wat toeriste kan geniet.
“Die brandseisoen is in November en Desember. Die gebied moet nou beskerm word om te verseker dat geen nuwe brande uitbreek nie.”
Sikopo het bevestig geen bykomende voer is op hierdie tydstip nodig nie.
Uitvoerende direkeur Sikongo Haihambo is deel van die rampbestuurskomitee wat onder die kantoor van die eerste minister val. Vir enige hulp aangebied, kan hy by [email protected] of [email protected] gekontak word.
- [email protected]
Klik op die skakel https://q.my.na/OCA1

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie